
Dit is die eerste keer dat Frankryk die gasheer vir die kampioenskap is.
Meer as 300 deelnemers van 34 lande laat van 1 Julie tot 7 Julie die wolle waai. Ongeveer 5 000 skape sal geskeer word.
Die Suid-Afrikaanse skaapskeer- en wolhanteringspan bestaan uit Mayenzeke Shweni (handskeer), Bonile Radebe (handskeer), Shaun Hamlett (masjienskeer), Guillaume Strydom (masjienskeer), Jan du Toit (wolhanteerder) en Franciska Flynn (wolhanteerder). Shweni sal sy titel as wêreldkampioen in handskeer verdedig, hoewel hy vanjaar op die Suid-Afrikaanse kampioenskap slegs ’n derde plek behaal het.
Hulle word vergesel deur die beoordelaars mnre. Piet Nel (skeer), Jan Louis Venter (wolhantering), Izak Klopper, die afrigter en spanbestuurder, en die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Skeerkonfederasie, mnr. Eddie Archer.
Verskeie mense en instellings het die span voorspoed toegewens soos, me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.
???? The @Our_DA is wishing our SA sheep shearing team well.The SA Sheep Shearing & Wool Handling World Championships commence on 01 July in France. Mayenzeke Shweni, reigning World Champion in the blade shearing division, will be defending his title. #ForTheLoveOfAgriculture pic.twitter.com/E95QMVNXXw
— Annette Steyn (@AnnetteSteyn1) July 1, 2019
Die NWKV het ook die span sterkte toegewens.
Die SSK het ook die span voorspoed toegewens.
Om die span te volg, besoek sy webwerf by https://www.facebook.com/SASSF-984747038356610/.
Om die kampioenskap te volg, besoek die webwerf https://mondialdetonte-france2019.com/
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.