“Hier by ons het die sneeu nie so dik gelê nie, maar dit het wel sowat 5 mm vog gebring, wat vir ons in die Karoo baie kosbaar is.
"Die dag toe dit gesneeu het, was dit nie so koud nie. Die temperatuur was 3 °C en die aanvoelbare temperatuur -2 °C omdat ’n windjie gewaai het.
"Die koudste wat dit tot dusver dié winter by ons was, was sowat twee weke gelede toe die kwik op -10,8 °C gestaan het,” sê Marietha. Die stoetramme is van Konsortium Merino’s.