AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8938
0,00
CORN
17 Aug
-
4038
0,00
SOYA
17 Aug
-
8745
0,00
SUNS
17 Aug
-
10638
0,00
WEAT
17 Aug
-
7064
0,00
WMAZ
17 Aug
-
4261
0,00
YMAZ
17 Aug
-
4222
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Skeeropleiding: Land Bank span saam met NWKV, AgriSeta

akkreditasie
Mnr. Khopolo Jackson Mohola, 'n masjienskeerder, demonstreer hoe 'n skaap geskeer moet word. Foto: Michelle van der Spuy
Mnr. Khopolo Jackson Mohola, 'n masjienskeerder, demonstreer hoe 'n skaap geskeer moet word. Foto: Michelle van der Spuy
Die Nasionale Wolkwekersvereniging, in vennootskap met AgriSeta, het vir die 2020-’21-skeeropleidingseisoen ’n finansiële hupstoot van die Land Bank ontvang om meer Suid-Afrikaanse burgers as skeerders op te lei.

“Die Land Bank het besluit om geld vir die programme beskikbaar te stel aangesien dit ’n meganisme is om die vordering van skeerders dop te hou wat die potensiaal toon om die leer van sukses in die skeerbedryf te klim,” sê mnr. Leon de Beer, hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging.

Hy sê die vennootskap met die Land Bank kom al van geruime tyd voor die inperking aan. Die geld is beskikbaar gestel voordat die Land Bank se huidige finansiële probleme rugbaar geraak het.

Weens die inperking kon die opleiding egter eers voortgaan nadat inperkingsmaatreëls verslap is.

Die Land Bank het geld vir die opleiding bewillig. Dit is ’n aanvulling vir die NWKV se skeerbegroting wat gefinansier word deur die Woltrust en AgriSeta, wat tans nie voldoende is om die koste te dek van al die skeerders wat jaarliks opgelei moet word nie.

Tydens fase een van die projek is 97 skeerders van September tot November opgelei. Die meeste was handskeerders.

Volgens De Beer het die Land Bank aangedui dat hy betrokke wil wees by fase twee van die opleiding om meer skeerders in masjienskeer op te lei, sodat die skeerders uiteindelik in die formele mark skeerondervinding kan opdoen en uiteindelik as volwaardige skeerders produktief in skeerspanne kan werk.

Van die skeerstudente wat uitstaan, sal ook gekies word om aan plaaslike, streeks- of nasionale skeerkompetisies deel te neem. Dit bied aan hulle ’n geleentheid om deel te word van ’n skeerspan.

Die NWKV is ’n geakkrediteerde diensverskaffer vir skeeropleiding en ander wolmarkverwante opleiding by AgriSeta. Verskeie Suid-Afrikaanse skeerders word jaarliks deur die NWKV opgelei en opleiding wissel van beginner, intermediêr tot gevorder, met opleiding vir masjien- en handskeer. Leerders wat die skeerkursus suksesvol voltooi, ontvang ’n skeersertifikaat waarvan die krediete erken word vir ’n leerlingskap wat kan lei tot ’n erkende, formele kwalifikasie (sertifikaat of diploma).

Suid-Afrikaanse skeerders

Die oogmerk van die NWKV se skeeropleiding is om meer Suid-Afrikaanse burgers op te lei, verduidelik De Beer. Die Suid-Afrikaanse departement van arbeid en van binnelandse sake raak al hoe strenger met die uitreiking van visums en werkspermitte aan skeerders van Lesotho weens die hoë werkloosheid in Suid-Afrika. Daar is tans sowat 4 000 skeerders en wolhanteerders in die wolbedryf, waarvan meer as die helfte Lesotho-burgers is.

“Ons sal as bedryf moet kan bewys dat ons vordering maak om meer Suid-Afrikaners in diens te neem en die persentasie skeerders uit Lesotho minder te maak.”

Hy sê hoewel baie mense opgelei word, tree verskeie mense nie tot die skeerbedryf toe nie, aangesien skeer en wolhantering harde werk is.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.66
-1.6%
Rand - Pond
20.08
-1.2%
Rand - Euro
16.96
-1.7%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,763.50
-0.7%
Silwer
19.81
-1.6%
Palladium
2,144.66
-0.7%
Platinum
928.75
-1.0%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.4%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp. Geniet netjiese tuin. Ek hou van mense wat intelegent gesels wat oop is vir redenasies, wat nie in...
Looking for my soulmate
I am a divorced lady, i am still looking for the one. I am a mommy of two furbabies, they are my life, they are my kids. I am very family orientated. I am not interested in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot