“Ons het reeds weer die afgelope paar weke ’n hele paar reënbuie reg oor Suid-Afrika gehad. In verskeie gebiede in die somerreënstreek staan groot panne water,” sê die nasionale dieregesondheidsforum.
Volgens die forum kan dit gevaarlik raak wanneer insekte begin beweeg en daar diere is wat nog nooit kontak gehad het met die siekte nie en daarom kwesbaar is.
Volgens dr. Stuart Varrie, veearts-raadgewer by Cape Wools, is Suid-Afrika ryp vir nog ’n uitbreking van die siekte. Dit is veral kommerwekkend dat dit dié seisoen kan plaasvind.