
Dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa), beveel aan beesboere moet met hul bure daaroor gesels indien dié met wild boer en wildebeeste, wat met dié dodelike virus verbind word, onder die wild tel. Wildebeeste skei die virus af wanneer hulle onder stres verkeer.
Malan sê in sy Maartverslag ander virussiektes wat by Ruvasa aangemeld is, sluit in beeshondsdolheid, beesvirusdiarree en ensoötiese beesleukose (wat die immuunstelsel onderdruk), besmetlike beesrinotrageïtis, vuilbek, vratte en herpes mammillitis.
Vergiftiging het ook voorgekom, onder meer met slangkop, inkbessie, Cynanchum, Lantana, geeldikkop, vermeerbossie, kikoejoe, ureum, blougroen alge en koper.
Klik hier vir die tabel wat aandui watter siektes en toestande gedurende Maart aangemeld is. Nog inligting is op Ruvasa se webwerf (www.ruvasa.co.za) beskikbaar.
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.