Om tred te hou met moderne neigings en nuwe ontwikkelings in die landbou moet boere vandag voortdurend aanpas en vernuwe, anders raak hulle agter.
Só meen mnr. JK Basson (52), wat in 2021 as SA Meestersuiwelboer van die Jaar aangewys is. Sedert hy dié trofee in 2017 die tweede keer gewen het, het talle vernuwings sy boerdery gekenmerk.
Op Swartwater buite Darling, die tuiste van Ocean Breeze Holsteins, is Basson nederig oor sy derde aanwysing as landwye suiwelmeester (ook in 2007). Hy is ook in 2008, 2013 en 2016 as Wes-Kaapse Meestersuiwelboer aangewys.