Ons melk 1 600 koeie elke dag, drie keer per dag. Die helfte van die kudde is Holsteins, en hul melk is vir die varsmark. Die ander helfte is Jerseys, en ons maak kaas van hul melk.
Ons koop sowat 25 000 liter melk per dag in – oor ’n radius van 120 km – en gebruik sowat 70 000 liter melk per dag in ons kaasfabriek.
Tradisioneel is daar in die Wes-Kaap met wingerd, lusern en suiwel geboer. Deesdae is daar min kuddes oor en die ouens wat nog melk, is uit en uit melkboere.