Daarom is daar groot opgewondenheid oor ’n deurbraak deur Amerikaanse medici – een waarin dokters dit vir die eerste keer reggekry het om ’n vark se nier na ’n mens oor te plant, sonder dat dit onmiddellik verwerp is.
Luidens ’n artikel deur cbsnews.com is ’n span navorsers van die NYU Langone- mediese sentrum van die Universiteit van New York agter die sogenoemde xeno-oorplanting.
Die nier is geoes vanaf ’n geneties gemodifiseerde vark, en in ’n twee uur lange operasie oorgeplant in ’n breindood pasiënt. Die pasiënt is met toestemming van haar familie op ’n ventilator geplaas sodat die navorsingspan hul proefneming kon uitvoer.