AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Speenkalf-kompetisie trekpleister van Royal-skou

akkreditasie
Verlede jaar het die KwaZulu-Natalse Rooivleisprodusentevereniging (KZNRPO) hierdie A-graad speenkalf, wat by die speenkalfkompetisie ingeskryf was, gebruik om die publiek bewus te maak van waar hul vleis vandaan kom. Hier is, van links na regs, mnre. Craig Carter, skakelbeampte van KZNRPO, PJ Hassard, ondervoorsitter, en Angus Williamson, lid van die uitvoerende komitee. Foto: Verskaf
Verlede jaar het die KwaZulu-Natalse Rooivleisprodusentevereniging (KZNRPO) hierdie A-graad speenkalf, wat by die speenkalfkompetisie ingeskryf was, gebruik om die publiek bewus te maak van waar hul vleis vandaan kom. Hier is, van links na regs, mnre. Craig Carter, skakelbeampte van KZNRPO, PJ Hassard, ondervoorsitter, en Angus Williamson, lid van die uitvoerende komitee. Foto: Verskaf
Die Royal-skou se poging om meer kommersiële boere by die skou te betrek is besig om vrugte af te werp.

Volgens me. Julia Hackland, sekretaris van die Royal-skou se vee-seksie, is daar vanjaar aansienlik meer inskrywings vir die speenkalfskou-geleentheid as verlede jaar.

“Die belangstelling in dié item het so gegroei, dat dit vir ons ’n effense logistieke uitdaging gebring het, maar dis ’n goeie probleem om te hê en ons kon darem ’n oplossing daarvoor vind,” verduidelik Hackland.

Die skou, wat van 25 Mei tot 3 Junie in Pietermaritzburg plaasvind, het twee jaar gelede die speenkalf-kompetisie van stapel gestuur met die oog daarop om meer kommersiële boere by die skou te betrek en sodoende die tradisie wat voorskryf dat slegs stoetboere by skoue kan baat vind, uit te daag.

Baie boere buite KwaZulu-Natal skryf in

“Ek dink die feit dat die skou bewys het dat speenkalwers hier in KwaZulu-Natal beter pryse as elders verdien, het die kommersiële boer se aandag getrek en dan moet Andrew Adams se werk om die kompetisie onder kommersiële boere te bemark, nie uit die oog gelaat word nie. Die speenkalfkompetisie skep die geleentheid vir boere om goeie verhoudinge te bou en vandaar dink ek die neiging vanjaar dat baie meer boere van buite KwaZulu-Natal vir hierdie kompetisie ingeskryf het,” verduidelik Hackland.

Oudergewoonte sal die gewilde Landbouweekblad-Royal-skou-karkaskompetisie, waar reeds talle wêreldrekords in die verlede opgestel is, vanjaar op Dinsdag 29 Mei plaasvind. Die speenkalf- en lammerkompetisie sal volg wanneer die wenkarkas ná die beoordeling van die diere lewend vergelyk sal word.

Hoewel die skou vir alle rasse oop is, is dit die gebruik van die Angus, Brahman, Hereford, Limousin, Pinzgauer, PinZ2yl, Simmentaler, Simbra en Sussex om die skou te onderskryf. Daarbenewens sal die Hampshire Down vanjaar sy nasionale kampioenskapsbyeenkoms by die Royal-skou aanbied.

Oudergewoonte word ook ’n jeugskou van 25 tot 27 Mei aangebied. Die Toyota-jongafslaerskompetisie, wat op Maandag 28 Mei plaasvind, sorg ook vir groot opwinding en daar is ’n jeugklas vir dié van 19 jaar en jonger en ’n klas vir jong mense van 20 tot 30 jaar oud.

Vir meer inligting, kontak me. Julia Hackland per e-pos by: livestock@royalshow.co.za
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-0.5%
Rand - Pond
19.48
-0.3%
Rand - Euro
17.46
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.65
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,650.09
-0.6%
Silwer
18.70
-1.0%
Palladium
2,216.50
+3.1%
Platinum
872.50
+0.7%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
57,422
+0.0%
Alle aandele
63,797
-0.0%
Hulpbronne 10
60,213
+4.0%
Industriële 25
77,424
-1.4%
Finansiële 15
13,861
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir die lewe
Introvert. Dry sence of humor. [geskrap] Hou van buite lewe. [geskrap]Braai stap bos en see. Hou van land deur toer op n motorfiets[geskrap]
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot