
Die nasionale wenners sal in Mei 2023 op Stamboek se Elite-galageleentheid aangewys word. Ses melkkuddes het ook onder meer Logix-toekennings as die beste in die land ontvang.
Logix-Elite-toekennings
Die beste ses melkkuddes, wat op rasgrondslag asook bestuursgroep-vlak vergelyk is, het elk ’n platinum eerbewys verwerf en dring deur na die finale ronde. Die platinum wenners is:
- Mnr. A.J. Schoonwinkel (Kluitjieskraal, Wes-Kaap). Dié Jersey-kudde behoort aan mnr. Jan Schoonwinkel en sy seuns, Arno en Jaco (Swellendam).
- EDE Farming van mnr. Miles Stead, met kuddebestuurder mnr. Poena van Niekerk (Holstein, Middelburg, Mpumalanga).
- Mnr. Hannes Neethling en sy seun Neels (Holstein, Rayton).
- Limpopo-melkery van mnr. Joubert Fourie, sy pa, Tobie, en broer Tobias. Joubert se seun, AJ, bestuur die Holsteins by Louis Trichardt.
- C.E. Walker & Seun. Mnr. John Walker en sy seun Christoff bedryf sy Jersey-kudde (Greyton, Wes-Kaap).
- Mnr. Leon Thom (Jerseys, Gravelotte, Limpopo).
Goue sertifikate
Agt goue sertifikate is oorhandig aan mnre. Hennie Uys van die Landbouskool Oakdale (Jersey, Suid-Kaap), Billy Hall (Holstein, Heidelberg, Gauteng), Christo Klingenberg (Jersey, Piet Retief, KwaZulu-Natal), Janvos-landgoed van mnr. Jan Grey (Holstein, Davel). In die Wes-Kaap was die ontvangers mnre. Rob Slater (Jersey, Philadelphia), Deon Malherbe (Eselfontein-Jersey, Ceres), die Dalewood-Jerseys van Rob Visser (Klapmuts) en Numon-Jerseys van Abrie Jordaan (Montagu).
Altesaam 39 brons en 21 silwer toekennings is ook gemaak.
Ander eerbewyse
Genetiese voortreflikheid: Wes-Kaap:
- Beste doeltreffendheidsindeks: Mnre. Koos en Philip Blanckenberg (Holstein, Klipheuwel, Durbanville) en Jan Schoonwinkel (Jersey, Kluitjieskraal, Swellendam).
- Beste genetiese somatiese seltelling: Mnre. Koos en Philip Blanckenberg (Holstein, Klipheuwel, Durbanville) en John Walker (Jersey, Greyton).
- Beste genetiese kalfinterval: Mnr. Jan Wessels (Ayrshire, Napier), die Voorberg-gevangenis (Holstein, Porterville) en Nuwedam-Jerseys van mnr. Hadré Pratt (Baardskeerdersbos).
- Beste genetiese kuddelewe: Mnre. Jan Wessels (Ayrshire, Napier), Rikus van Wyk (Tierkloof-Jerseys, Piketberg) en Philip Blanckenbeg (Holstein, Klipheuwel).
- Genetiese voortreflikheid: Vrystaat:
- Beste doeltreffendheidsindeks: Mnre. Johan en Tattie Schoeman (LMJC-Holstein, Bothaville) en Cobus Behrens en sy vrou, Ronel (Waterbron-Jerseys, Ventersburg).
- Beste genetiese somatiese seltelling: Mnre. Anton Homsek (Ayrshire, Bloemfontein) en Cobus Behrens en sy vrou, Ronel (Waterbron-Jerseys, Ventersburg).
- Beste genetiese kalfinterval: Mnre. Johan en Tattie Schoeman (LMJC-Jerseys, Bothaville).
- Beste genetiese kuddelewe: Mnr. Cobus Behrens en sy vrou, Ronel (Waterbron-Jerseys, Ventersburg).
Genetiese voortreflikheid: Oos-Kaap:
- Beste doeltreffendheidsindeks, asook die beste genetiese somatiese seltelling: Mnre. Brett en Grant Puttergill (Holstein, Tsitsikamma) en Marius Meyer (Jersey, Mosselbaai).
- Beste genetiese kalfinterval: Rosenhof-boerdery van mnr. Jacobus en me. Maizie Vermaak (Holstein en Jersey, Oesterbaai).
- Beste genetiese kuddelewe: Mnre. Brett en Grant Puttergill (Holstein en Jersey, Tsitsikamma).
- Genetiese voortreflikheid: Suid-Kaap:
- Beste doeltreffendheidsindeks: Mnr. Christie van Greunen (Bossie Alleen, Holstein, George) en die Diereproduksie-navorsingstrust (Jersey, George).
- Beste genetiese somatiese seltelling: Mnr. Christie van Greunen (Werda, Holstein, George) en die Diereproduksie-navorsingstrust (Jersey, George).
- Beste genetiese kalfinterval: Mnre. Christie van Greunen (Werda, Holstein, George) en Allfie Louw (Schoeman en Louw, Jersey, George).
- Beste genetiese kuddelewe: Mnr. Christie van Greunen (Werda, Holstein, George) en Landbouskool Oakdale (Jersey, Riversdal).
Genetiese voortreflikheid: Noord:
- Beste doeltreffendheidsindeks: Limpopo-melkery (Holstein, Louis Trichardt) en mnr. Pete Durham (Glynton-Jerseys, Dundee)
- Beste genetiese somatiese seltelling: Janvos-landgoed (Holstein, Davel), en mnr. Leon Thom (Jersey, Gravelotte).
- Beste genetiese kalfinterval: Mnr. T.N. Colby (Holstein en Jersey, Deneysville).
Beste genetiese kuddelewe: Janvos-landgoed (Holstein, Davel) en mnr. Christo Klingenberg (Jersey, Piet Retief).
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.