Die spuitmiddel is saamgestel uit droë chitosaanpoeier in spuitvorm wat ’n fisieke versperring vorm om die vloei van bloed stop te sit. Chitosaan is bekend as ’n produk wat bloedstolling bevorder.
Wanneer dit op ’n wond gespuit en in aanraking met bloed kom, vorm HemoSEAL ’n seël wat die hele wond bedek. Die middel is maklik om toe te dien. Jy skud die houer vir 5 sekondes, trek die pels van die beseerde dier terug indien nodig, hou die spuitkop 6 cm weg van die wond, en spuit die hele houer leeg.
Die seël wat die produk vorm, sal bloedverlies binne sekondes stopsit, selfs in ernstige gevalle. HemoSEAL bevat natuurlike biomateriaal sonder chemiese bestanddele. Dit help ook om die hegting en herstel van die wond te versnel.