AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Stryd teen bek-en-klouseer duur voort

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Jasper Raats
Foto: Jasper Raats
Elkeen in Suid-Afrika moet weet hoe bek-en-klouseer versprei en wat die ekonomiese impak van die siekte op almal in die land is.

Dié waarskuwing kom van dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa), wat maandeliks ’n verslag saamstel oor veesiektes wat by veeartse reg oor Suid-Afrika aangemeld word. Hy sê sy kernboodskap in sy Augustus-verslag is steeds dat die onwettige vervoer van beeste voorkom moet word.

Teen 19 September was daar reeds 146 uitbrekings op plase en in voerkrale en kommunale gebiede in ses provinsies wat voorheen vry van bek-en-klouseer was. Die vervoer van beeste was landwyd verbied van 18 Augustus tot 8 September, maar is daarna gewysig om net die siektebeheergebiede in KwaZulu-Natal, die Vrystaat en Limpopo in te sluit. Dit sluit nou ook die vervoer van skape en bokke in daardie dele in. Meer as 530 000 beeste is al teen die siekte ingeënt.

Dr. Danie Odendaal, van die Veeartsenynetwerk, het in die Augustus-verslag in ’n noodplan verduidelik hoe te werk gegaan moet word as ’n boer vermoed bek-en-klouseer het op sy plaas uitgebreek.

Eerstens moet beeswagters op ’n gestruktueerde wyse daagliks die diere nagaan vir moontlike tekens van die siekte. Indien daar enige seertjies of tekens van die siekte voorkom moet die bevindinge en moontlike selfoonfoto’s aan die eienaar en staatsveearts deurgegee word. Indien daar ’n vermoede van bek-en-klouseer is, moet die diere in kwarantyn geplaas word. Hou ander kuddes op die plaas of aangrensende plase minstens ’n kilometer weg van die diere in kwarantyn.

Dan volg toetse wat tot ’n week kan duur voor die uitslag bekend is. Indien dit negatief is, moet die geïsoleerde diere steeds vir ’n tydperk van drie weke in kwarantyn bly en dopgehou word.

Indien die virus wel bevestig word, moet die kudde só bestuur word dat die siekte nie kan versprei nie.

Odendaal verduidelik breedvoerig watter ontsmettings- en voorsorgmaatreëls moet geld vir mense wat in aanraking met die diere kom. Hierdie diere word dan ingeënt en geslag of by ’n goedgekeurde abattoir geslag nadat hulle van die siekte herstel het. Die staatsveearts sal die leiding neem hieroor.

Moet nie net konsentreer op bek-en-klouseer

Malan waarsku terselfdertyd in sy Augustus-verslag dat die klem nie net op bek-en-klouseer moet wees nie. Beesbrucellose (ook bekend as besmetlike misgeboorte) is ook ’n groot probleem wat in vyf provinsies voorkom. Dit is ook ’n kuddesiekte en as een dier positief toets, word die hele kudde as besmet beskou.

Voorkomende maatreëls wat wetlik vereis word, sluit in dat alle verse van vier tot agt maande oud eenmalig ingeënt moet word met ’n doeltreffende entstof vir brucellose. Hy sê as boere net aan die wetlike vereiste voldoen en hul diere inent, sal die voorkoms van die siekte drasties afneem.

“Met die somerreënseisoen voor ons in groot dele van die land, is dit nou ook die tyd om jou diere teen insek- en bosluisoorgedraagde siektes soos bloutong, slenkdalkoors, knopvelsiekte, Afrika-perdesiekte, Afrika- en Asiatiese rooiwater, hartwater en anaplasmose in te ent. Praat met jou plaaslike veearts en stel vas watter siektes voorkom soadat jy jou risiko’s kan bepaal.”

Die veesiekteverslag vir Augustus is saamgestel uit 147 verslae deur veeartsenykundige praktyke en laboratoriums landwyd en sluit in 14 verslae uit Mpumalanga, 12 uit Gauteng, 6 uit Limpopo, Noordwes 13, Vrystaat 29, KwaZulu-Natal 15, Oos-Kaap 13, Wes-Kaap 23 en Noord-Kaap 9.

Van die siektes en toestande wat in Augustus in die meeste van die provinsies voorgekom het, sluit in haarwurm, knopvelsiekte, bloednier, vuilbek, vratte en omlope. Klik hier vir die tabel toon watter vernaamste siektes en ­toestande in die maand by Ruvasa aangemeld is.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.35
-1.6%
Rand - Euro
18.31
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.82
-1.6%
Rand - Jen
0.13
-1.3%
Goud
1,806.03
+0.9%
Silwer
23.68
+2.6%
Palladium
1,952.00
+1.1%
Platinum
1,023.00
+1.3%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wie weet
Ek dink ek is maklik om oor die weg te kom. Is baie getrou eerlik opreg . Ek is nie opsoek na lekker tyd! Ook nie om jou tyd te mors.
Kom ons skryf ons eie storie
Sag en skaam tot iemand my leer ken. Moenie alles in die lewe so ernstig op neem nie en hê 'n sin vir humor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot