AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
8703
-87,00
CORN
31 Mrt
-
4445,8
-72,20
SOYA
31 Mrt
-
8071,2
-127,80
SUNS
31 Mrt
-
8700
-102,00
WEAT
31 Mrt
-
6605
-90,00
WMAZ
31 Mrt
-
3798
-55,00
YMAZ
31 Mrt
-
4012,8
-51,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Swart Angus is opperste wêreldkampioenbees

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die kampioen, EF Primrose 925 (links), wat aan Enright Farms van Renfrew, Ontario, en mnr. Jack en me. Lauren Oattes van Cobden, Ontario, in Kanada behoort. Foto: Verskaf
Die kampioen, EF Primrose 925 (links), wat aan Enright Farms van Renfrew, Ontario, en mnr. Jack en me. Lauren Oattes van Cobden, Ontario, in Kanada behoort. Foto: Verskaf
’n Swart Angus-koei van Kanada is as die opperste kampioenbees van die wêreld aangewys in ’n kompetisie wat aangebied word deur mnr. PJ Budler, ’n oud-Suid-Afrikaner wat deesdae in Texas, Amerika woon.

Die kampioen, EF Primrose 925, behoort aan Enright Farms van Renfrew, Ontario, en mnr. Jack en me. Lauren Oattes van Cobden, Ontario. Sy het gedurende 2022 ’n indrukwekkende vertoningslys gehad deur in Toronto as Kanada se kampioen-Angus-koei en opperste skoukampioen aangewys te word, waarna sy ook as die Western Agribition se kampioen- vroulike swart Angus bekroon is.

Budler bied die afgelope jare ’n kompetisie aan waarin waar vleis- en dubbeldoelrasse op grond van foto’s meeding. Deelnemers word eers in elk van vier streke beoordeel, naamlik Asië en Afrika (wat Australië en Nieu-Seeland insluit), Suid-Amerika, Noord-Amerika en Europa. Die beeste in elke streek ding teen mekaar mee. Bulle en koeie neem afsonderlik deel. Die wenners, wat deur onafhanklike beoordelaars aangewys word, dring dan na die wêreldkampioenskap deur. Om die kroon te span, word ’n opperste wêreldkampioen uit die verskillende raswêreldkampioene aangewys.

EF Primrose 925 is eers as die ras se Mej. Noord-Amerika bekroon en daarna as Mej. Wêreld, met die kersie op die koek as die opperste kampioenbees van die wêreld. 

Braford is naaswenner

Die naaswenner was ’n Braford-bul van Argentinië, Nes Agrolepal 115 Mitai, wat aan Cabaña La Domingo van Cordoba behoort. Hy is gedurende 2022 tydens die Braford-wêreldkongres as kampioenbul aangewys.

beste bees 2022
Die naaswenner, ’n Braford-bul van Argentinië, Nes Agrolepal 115 Mitai, wat aan Cabaña La Domingo van Cordoba behoort. Foto: Verskaf

In Budler se kompetisie was hy die Suid-Amerikaanse Braford-kampioenbul en wêreldkampioen-Braford-bul waarna hy in die eindrondte teen die uiteindelike wenner van Kanada te staan gekom het.

Die beoordelaars was me. Sara Wiklert Petersson (Swede) en mnre. David Gidding (Nieu-Seeland), Saman Mitamphan (Thailand), Juan Fernando Saiz (Mexiko), Mauricio Groppo (Argentinië) en Mark Myatt Taylor (Kenia). 

beste bees 2022
Só het die finale beoordeling vir die opperste wêreldkampioenbees verloop. Grafika: PJ Budler

Suid-Afrika lewer vyf kampioene op

Suid-Afrika het vyf wêreldkampioene in die kompetisie opgelewer; vier bulle en ’n koei.

Die internasionale kampioenkoei is ’n Droughtmaster, Top Miss Magnificent 19-0153, wat deur die On Top Droughtmaster-stoetery van mnr. Johann Pretorius ingeskryf is en onlangs aan mnr. Rudi Lemcke van Ghanzi, Botswana, verkoop is. Sy het tot die voorlaaste rondte beoordeling deurgedring, waar sy deur die swart Angus-koei verslaan is.

Die wêreldkampioen-bulle is:

Droughtmaster. Denver H 18-0011 wat aan Hurwitz Farming van Davel behoort.

Limousin. Xourel Italia 16-38, geteel deur Xourel Limousins, Lichtenburg, ingeskryf deur Devlan Limousins, Heidelberg, en besit deur mnr. Dennis Magagane McAllister en me. Daphne Nkosi, Lareina Limousins, Edenville, Vrystaat.

Simbra. Brasim Quagga WWL 18-120, eiendom van RVB Simbras, Boshof, en geteel deur die Brasim Simbra-stoetery, Merafong City.

Simmentaler. Milagro Reactor ACM18-7 is geteel deur mnr. Andrew Masterson van die Milagro-stoetery by Oesterbaai in die Oos-Kaap. Reactor is op die nasionale Simmentaler-kampioenskap in April 2022 op Lichtenburg as die grootkampioenbul aangewys. Hy is op die nasionale Simmentaler-veiling aan dr. Obakeng Mfikwe van Lichtenburg verkoop.      

Budler het in Desember 2012 van Johannesburg na Texas in Amerika verhuis en spits hom toe op die beoordeling van beeste op skoue reg oor die wêreld. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.74
+0.4%
Rand - Pond
21.91
+0.7%
Rand - Euro
19.28
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.89
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Platinum
993.34
+1.3%
Palladium
1,471.65
-0.4%
Goud
1,978.95
-0.1%
Silwer
24.12
+0.9%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Rustig
.,. . . . . . is byna sigbaar vir ander Die volgende beskrywings gee lede 'n voorsmakie van jou persoonlikheid en wie jy werklik is. Moenie bekommerd wees om dit die eerste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot