AFGRI
BEAN
27 Jan
-
8209,4
209,40
CORN
27 Jan
-
3788,4
72,40
SOYA
27 Jan
-
8030
142,00
SUNS
27 Jan
-
9771
27,00
WEAT
27 Jan
-
5985
-3,00
WMAZ
27 Jan
-
3592,2
34,20
YMAZ
27 Jan
-
3680
30,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Sybokhaar: Optimisme dra by tot rekordramveiling

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die duurste ram op die ramveiling van Nuweland Angoras en gasverkopers is vir R100 000 verkoop. Van links is mnre. Chris Curtain (veldagent), Jannie Lategan (verkoper), Reco Pieterse (koper), Jakkie Nel (afslaer) en Roelfie van der Merwe (projekbestuurder). Foto: Verskaf
Die duurste ram op die ramveiling van Nuweland Angoras en gasverkopers is vir R100 000 verkoop. Van links is mnre. Chris Curtain (veldagent), Jannie Lategan (verkoper), Reco Pieterse (koper), Jakkie Nel (afslaer) en Roelfie van der Merwe (projekbestuurder). Foto: Verskaf
Die sybokhaarbedryf het onlangs een van sy beste ramveilings aangeteken.

’n Rekordmarkseisoen, hoop op ’n goeie reënseisoen en belangstelling buite tradisionele produksiegebiede het gelei tot een van die sybokhaarbedryf se beste ramveilings.

Die ramveiling van Nuweland Angoras en gasverkopers is by die Nuweland-boerdery van Aberdeen in die Oos-Kaap aangebied. ’n Rekordgemiddelde prys van R14 471,29 is vir 87 ramme betaal. Stoetramme het gemiddeld R49 400 behaal, geselekteerde kudderamme gemiddeld R20 100 en kudderamme gemiddeld R9 100.

Mnr. Petrie Maré, bestuurder van dieregenetika en -ontwikkeling by House of Fibre, sê sybokhaapryse het die afgelope ses maande rekordhoogtes bereik en die rampryse is ’n direkte reaksie, met boere wat baie geesdriftig is.

Die hoogste prys van die veiling was R100 000 wat mnr. Reco Pieterse van Wolmaransstad vir ’n ram van mnre. Jan en Jannie Lategan van Fairview Angoras in Aberdeen betaal het.

’n Rekordprys van R3 656 stuk is betaal vir 115 geselekteerde tweetandkudde-ooitjies. Die ooie is opgeraap deur kopers van Wolmaransstad, Leeudoringstad, Bronkhorstspruit en Robertson.

Volgens mnr. Lloyd Short, voorsitter van die Angora-ramtelersvereniging, is dit baie gunstig vir die bedryf. Hy skryf die bykans ongehoorde pryse van die afgelope paar jaar toe aan die belangstelling van nuwe toetreders tot die bedryf van buite die tradisionele produksiegebiede. “Dit is ’n aanduiding van die vraag en aanbod. En, weens die droogte wat ons beleef, is daar nie werklik meer diere om te verkoop nie.”

Short sê dat stoet- en kommersiële ramme van topgehalte aangebied is en dit word in die pryse weerspieël.

Buitestreke

Volgens Maré is daar al die afgelope twee tot drie jaar ál meer belangstelling uit Noordwes, veral uit die saaigedeeltes, waar boere soek na alternatiewe opsies op hul uitvallande weens veediefstal.

Weens die droogte is minder ooie beskikbaar. Met die reën wat al geval het, hou die boere in die tradisionele areas vas aan hul diere, want hul kuddes is heelwat kleiner. Daarby het kuddeboere weens finansiële probeleme weens die droogte die afgelope paar jaar minder ramme ingekoop. Hoewel hul geldsake steeds knyp, moet hulle nou ramme inkoop om hul kuddes in stand te hou.

Short sê die meeste van die produksiestreke het reën gekry, hoewel daar steeds gebiede is wat nog droog is. Boere is baie meer optimisties as twee maande gelede, en daar is tekens van ’n meer normale seisoen.

“Die reën het nie geld gebring nie, maar dit bring hoop,” sê Maré. Ná die covid-19-inperkings en slegte omstandighede weens die droogte sien boere daarna uit om na veilings te gaan en mekaar te sien. “Dit skep ’n lekker atmosfeer en boere is aangespoor om R500 of R1 000 meer op die veiling te betaal as in die verlede.”

Maré voorsien dat goeie pryse vir diere betaal sal word op die komende veilings wat in die nuwe jaar aangebied word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.26
+0.5%
Rand - Pond
20.48
+0.9%
Rand - Euro
17.09
+0.9%
Rand - Aus dollar
10.82
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,814.11
-0.3%
Silwer
23.29
-1.0%
Palladium
2,351.00
+0.7%
Platinum
1,033.50
-0.1%
Brent-ruolie
89.96
+2.0%
Top-40
66,443
-1.4%
Alle aandele
72,840
-1.3%
Hulpbronne 10
74,445
-1.1%
Industriële 25
89,780
-1.9%
Finansiële 15
14,823
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Rustige, standvastige natuur en reis liefhebber, kom jy saam?
Ek sal sê ek het oor die jare meer rustig geraak maar ver van gevrek af. Hou van goeie geselskap maar ook net stilte. Ek hou van braai met 'n wyntjie of so iets, amateur...
Voltooi my sirkel
Eks n vriendelike outgoing mens - As ek van jou hou. 😜L Lag baie Omgee mens MAl oor dans. 3 dogters
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot