AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Sybokhaarpryse bokspring na nuwe hoogtes

akkreditasie
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Goeie vraag uit alle oorde en vraag na volhoubaar gesertifiseerde sybokhaar het tot een van die beste sybokhaarveilings nog gelei, met verskeie wêreldrekords wat verbeter is.

“Ek is al 40 jaar in die bedryf en het nog nie so iets beleef nie. Dit was rekord op rekord,” sê mnr. Pierre van der Vyver van House of Fibre. “Daar was vir die eerste keer aanvraag vir alle tipes en alle kopers het aan die veiling deelgeneem.” 

“Die dryfveer is hoofsaaklik vir RMS- (Responsible Mohair Standard) haar, maar dit sleep alle tipes saam, met koorsagtige mededinging van al ses internasionale koperhuise,” skryf mnr. Isak Staats in BKB se markverslag. Luidens die verslag was daar vraag na alle tipes, met belangstelling uit Europa en die Ooste. 

Volgens Van der Vyver was dit ’n goeie dag in die sybokhaarbedryf, veral as in ag geneem word dat baie ander bedrywe nou onder druk is. 

Die gemiddelde markaanwyser luidens Sybokhaar Suid-Afrika se markverslag vir die tweede veiling van die somerseisoen het gesluit op R355,53/kg, ’n rekord vir die bedryf. Dit is ’n toename van 8% sedert die vorige veiling en ’n aansienlike toename van 23,5% sedert die ooreenstemmende veiling verlede jaar. 

Die topprys vir die dag is betaal vir ’n baal somerkleinbokkiehaar van mnr. Daniel Schoeman van Oudtshoorn wat teen R774,10/kg verkoop is, met OVK as sy makelaar. ’n Baal van sy grootbokhaar wat as grootbokhaar aangebied is (30-40 mikron), is teen ’n wêreldrekordprys van R450/kg verkoop. 

Die beste gemiddelde prys vir ’n skeersel is verbeter tot R535,96/kg wat betaal is vir mnr. Willem Wagener van Willowmore se totale skeersel, met House of Fibre as die makelaar. ’n Baal van sy grootbokhaar, wat as winterjongbokhaar aangebied is (28-34 mikron), het ook teen ’n wêreldrekordprys van R570,10/kg verkoop. Nog ’n kliënt van House of Fibre, mnr. Weeber Truter van Oudtshoorn, het ook ’n wêreldrekordprys opgestel vir sy somer jongbokhaar wat as winterkleinbokkiehaar aangebied is (24-30 mikron) wat teen R712,10/kg verkoop is.  

Volgens Van der Vyver sal die volgende veiling, wat op 16 Maart aangebied word, aansienlik groter wees as die tweede veiling van die seisoen, en sal die prestasie van dié veiling toon of die huidige pryse volhoubaar is. 

Kleiner veilings 

Die aanbieding van die eerste twee sybokhaarveilings vanjaar was 37% kleiner as die ooreenstemmende twee veilings van 2020. Dit word eerder toegeskryf aan Covid-19-maatreëls wat met die begin van die skeerseisoen nog so beperkend en ontwrigtend was vir skeerspanne dat boere hul skeer moes uitstel, as aan die uitmergelende droogte wat steeds in groot dele van produksiegebiede heers, sê Van der Vyver. Daar was ’n daling van 3,5% in produksie in 2020 weens die droogte. 

Die hoeveelhede sal egter weer begin herstel van die volgende veiling af. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot