Volgens me. Magdel Nel, wat met Boerbokke en beeste naby Graaff-Reinet
boer, was sy aanvanklik aangenaam verras om tydens haar oggendrondtes twee
vierlinge in die kampie aan te tref. Toe sy later weer by die ooie gaan inloer,
het sy egter besef dat nog twee bokkies op pad is.
Sy bestuur ’n lamhokstelsel tydens lamtyd om haar speenpersentasie op te stoot.
Volgens Nel leef al tien die bokkies nog, maar word van die bokkies met die hand grootgemaak om die las op die ooie te verlig.