Beesgalstene vir vryerige Japanners, en harsings, byniere en pankreasse vir noodsaaklike medisyne is maar ’n paar van die karkasprodukte wat die groter slagter se inkomste ’n stewige hupstoot gee en vleis byna ’n bysaak maak. Vegetarisme is mos deesdae hoogmode.
Daar is mense wat om die een of ander mediese rede liewer nie rooivleis eet nie, en daar is diegene wat om gewetensredes nie vleis wíl eet nie.