Om ’n topvleisbeesteler te wees, moet ’n mens weet watter tipe dier jy wil teel en wat jou doelwitte is, en daarvolgens jou bloed- lyne kies. In ’n suksesvolle stoetery moet daar ’n gesonde balans wees tussen teelwaardes, fenotipes en bloedlyne.
“Dit is waarna ons streef en waarom die DNS van alle geregistreerde diere wat gebore word, volledig ontleed en hul ouerskap getoets word.” Só sê mnr. Seymour Currie, eienaar van Joyce’s Angus, wat op Wolwedans, een van sy plase by Klipheuwel, bedryf word.
Hy en sy kuddebestuurder, mnr. Willem (Worsie) Swart, hou die leisels van een van die Wes-Kaap en waarskynlik Suid-Afrika se toonaangewendste Angus-stoeterye – ’n ware teler van kampioene.