AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Topbul se teler verklap sy geheime

akkreditasie
Rainmaker, die Suider-Afrikaanse Stoetbul van die Jaar, in groen veldweiding. Xourel Limousins het hom self geteel. FOTO: DERICK LE ROUX
Rainmaker, die Suider-Afrikaanse Stoetbul van die Jaar, in groen veldweiding. Xourel Limousins het hom self geteel. FOTO: DERICK LE ROUX
Xourel Rainmaker, wat as Suider-Afrika se beste skoubul aangewys is, moes eintlik ’n vers gewees het, want dit is waarna sy eienaar mnr. Derick le Roux met dié spesifieke paring gemik het. Al was hy aanvanklik teleurgesteld, het hy gou van deuntjie verander.

Op Twee Buffels by Lichtenburg boer en die Le Roux-familie sommer lekker en voorspoedig – nie met daardie woeste, wilde diere waarna die plaasnaam verwys nie, maar met Limousins wat die skoupryse en titels inryg en onlangs die beste skoubul in Suider-Afrika opgelewer het.

Mnr. Derick le Roux boer saam met sy pa, Carl, ma, Marita, en broer, Wesbie, met die Xourel-Limousinstoetery, ’n kommersiële vleisbeeskudde, ’n voerkraal en gesaaides. Die plaas se naam kom van Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein waaroor mense graag spot. “Dis die waarheid!” grinnik Le Roux.

Die plaas is naby ’n fontein waar ’n boer lank gelede ’n groentetuin gehad het. Een middag was daar ’n trop buffels in die groentetuin. Hy skiet toe sommer in die trop in om hulle te verwilder. Toe lê daar twee buffels. Die plaas is later as Twee Buffels Geskiet geregistreer, maar mettertyd het net Twee Buffels oorgebly.

Le Roux se oupa Derick, ’n onderhoof by ’n plaaslike skool, het ’n deel van daardie plaas gekoop. Carl het die plaas ná sý pa se dood gekoop nadat hy tien jaar lank ’n landboukundige by die landboumaatskappy NWK was.

Le Roux het in 2010 matriek geskryf en toe meganiese ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom gaan studeer. Dis net 100 km van die plaas. Hy het van meet af aan sy gewig by die beplanning en bemarking van die beesboerdery ingegooi.

Nadat hy in 2015 ’n graad in ingenieurswese (in werklikheid ’n honneursgraad) verwerf het, is hy heeltyds plaas toe. Xourel Beleggings is in 1999 geregistreer en die Limousinstoetery in 2008. Volgende jaar is die boerdery 50 jaar oud.

GENETIESE INSETTE

Die Limousinstoetery het van ’n nederige begin met tien koeie en ’n bul gegroei en veral sedert 2011 groot genetiese vordering met teelmateriaal gemaak.

“Ons het ’n goeie genepoel opgebou deur te selekteer vir die beste kombinasie van eienskappe wat nood- saaklik is vir suksesvolle beesboerdery, naamlik diepte, kapasiteit, melk, goeie skrotum- omvang, hoë vrugbaarheid en goeie reproduksie-eienskappe.”

Dié jong man is in 2011 as voorsitter van die Limousintelersgenootskap se tegniese komitee aangewys, was net 23 jaar oud toe hy tot die Lewendehawe Registre- rende Federasie se raad verkies is, het spoedig in Lichtenburgskou se reëlingskomitee gedien en is nou die ondervoorsitter van die Limousinraad.

“Daardeur kon ek sekere perspektiewe kry van hoe stoetteling inmekaar steek. Ek het vinnig begryp wat die basiese beginsels en konsep van BLUP is. Danksy my pa se ondersteuning en my wetenskaplike agtergrond weet ek waarmee ek besig is. Baie mense is bevoorreg om te kan boer, maar nie almal kan sê hulle begin elke dagtaak met so ’n passie wat ’n uitwerking op ’n hele bedryf uitoefen nie.”

WETENSKAPLIKE SELEKSIE

Le Roux se benadering tot wetenskaplike seleksie en teling berus op ses beginsels:

1. Reproduksie. Sonder koeie wat kalf, is dit nie ’n beesboerdery nie.

2. Fenotipiese seleksie. ’n Boer moet ’n groot passie vir boerdery hê. Soos ’n saaiboer se voetspore die beste kunsmis vir sy gewasse is, is die beesboer se kierie die beste lek vir sy beeste. Só leer hy sy beeste haarfyn ken en kan hy sinvolle fenotipese seleksie toepas. Le Roux selekteer vir dieplyfkoeie wat vinnig vet aansit en sagte, smaaklike vleis lewer.

3. Prestasietoetsing. Fenotipiese eienskappe word deur prestasietoetsing ondersteun. Xourel was die eerste Limousinkudde en vleisbeeskudde (alle rasse) in Suid-Afrika wat vyf sterre in Breedplan se meting vir volledige prestasie-aantekening verwerf het.

“Prestasie-aantekening is baie belangrik, want as jy meet, gee dit jou die vermoë om onafhanklik te kan bepaal waarmee jy besig is. Ons as produsente van teeldiere se meriete word bepaal deur die kilogram vleis wat die kommersiële boer by sy beeste kan voeg. Dit bepaal weer die prys wat ons vir ons teeldiere ontvang,” sê Le Roux.

Rekordhouding is belangrik vir waardetoevoeging. Daarom hou hulle rekord van alles sodat hy weet watter koeie hoëwaarde-produseerders is.

4. KI-projek. Uit bogenoemde vloei ’n sterk klem op kunsmatige inseminasie (KI) met bulle vanuit ander kuddes om kruisverwysing te kan bewerkstellig. Hulle voer semen van Australië, Europa en Noord-Amerika in, maar maak ook baie op plaaslike teelmateriaal staat. Die verse word op 24 maande geïnsemineer, telkemale met saad van hul eie bulle wat op 12-13 maande getap word.

5. Embrioprojek. Die stoetery vul die KI-projek sedert 2015 met ’n embrioprojek aan. Embrio’s word in vitro van hul beste koeie gekweek om hul teelmateriaal te vermeerder, asook van jong, vroulike diere om die generasie-interval te verkort.

Genetiese vordering word gemeet in die getal puik diere, die grootte van die kudde en die seleksie-intensiteit, wat alles na die generasie-interval deurgetrek word. Die embrioprojek verkort die generasie-interval omdat embrio’s van verse vanaf selfs net 12 maande reeds gekweek word.

6. Genomika. Hopelik sal genomika die stoetery binnekort die vermoë gee om die beste produseerders reeds op ’n baie jong ouderdom te identifiseer. Die stoetery gebruik die hele kudde vir die totstandkoming van ’n verwysingsbevolking en genotiperingsinligting om die resultate van genomika te ontgin.

“Genomika bied my die vermoë om eienskappe wat moeilik is om te meet, byvoorbeeld melk, vrugbaarheid, vleisgehalte en voeromsetting, deur ’n DNS-ontleding te bepaal. Dit beteken ons kan reeds ’n hoogs akkurate voorspelling van ’n dier se genetiese meriete maak voordat dit deur prestasietoetsing bevestig word. Ons het dus reeds inligting van ’n dagoudkalf wat ons andersins ses of sewe jaar sou kos om te kry,” sê Le Roux.

DIENSTE EN FUNKSIES

Danksy Xourel se vordering as stoetery en hul kundigheid, bied die Le Rouxs nou ook dienste vir ander boere aan. Sodoende ploeg hulle hul kennis en kudde se teelmateriaal in die beesbedryf terug.

Dit sluit in:

  • Die verkoop van teelmateriaal op veilings en uit die hand.
  • Die verkoop van semen en embrio’s waarvoor hulle infrastruktuur op die plaas geskep het.
  • Raadgewende dienste wat strek van genetika tot data-aantekening.
  • Gespesialiseerde teeldienste, soos seleksie. Le Roux besoek ’n kudde, evalueer dit, identifiseer behoeftes en bied geskikte teelmateriaal aan wat aan die vereistes voldoen. Die beeste word dan op die plaas afgelewer sonder dat die klant die beeste vooraf gesien het – met ’n waarborg.
  • KI-kontrakdienste waarvoor hy self ’n spesialis kontrakteer om ’n stoetery of kommersiële boer te besoek om gesinchroniseerde inseminasie te doen.
  • Die inruiling van bulle nadat ’n teler ’n Xourel-bul vir ’n paar jaar gebruik het en hy in nuwe gene belang stel.
  • Die terugkoop van speenkalwers vanaf boerderye wat Xourel se teelmateriaal gebruik.

MODERNE TEGNOLOGIE

Le Roux gebruik moderne tegnologie waar hy kan. Dit sluit prestasietoetsing op die plaas van alle diere in die stoetery in om gewigte en metings te bekom wat vir BLUP-waardes noodsaaklik is. Dit word weer gebruik vir teelwaardes vir eienskappe soos geboortegewig, geboortegemak, dratydperk, verskillende groeistadiums, skrotumomtrek, skanderingsdata en karkasevaluasie.

“Goeie gene word nie in ’n oogwink bymekaargemaak nie. Dit verg dekades se deursettingsvermoë om ’n kudde met hoë genetiese meriete tot stand te bring wat plaaslik en internasionaal kan meeding en dit herhaaldelik kan regkry. Vir Xourel is genetiese verbetering nie net ’n korttermynkwessie nie, maar ’n langtermynbenadering. Só verseker ons dat ons nie net vandag saam aan ’n toekoms bou nie, maar ook aan ons kinders se toekoms.”

In teling en seleksie is vrugbaarheid en reproduksie die belangrikste eienskappe. Daarna volg ekonomiese eienskappe, soos geboortegewig en groei. In hul kudde streef hulle na koeie met ’n goeie balans tussen dié eienskappe.

Die ideale koei moet die grootste moontlike kalf produseer sonder hulp met geboorte, en moet dit jaar ná jaar doen. Haar nageslag moet dié voorbeeld volg. Doeltreffende voeromsetting is nie slegs by voerkrale ’n belangrike winsbepaler nie, maar ook in ’n kommersiële beesboerdery sodat die boer meer diere op die veld kan aanhou. Daarom laat evalueer Le Roux die bulle vir voerdoeltreffendheid by die Armoedsvlakte-proefplaas by Vryburg.

’n Finale inspeksie van alle relevante inligting om te verseker alle genetiese en fenotipiese eienskappe kan ’n funksionele bydrae tot die bedryf lewer, is die laaste hekkie waaroor ’n dier moet kom.

ETIESE OPTREDE VOOROP GESTEL

Xourel se eerste seleksie is op die ouderdom van ’n jaar wanneer die meeste metings reeds voltooi is en elke dier ’n goeie geleentheid gehad het om sy meriete te toon. Diere word dan ooreenkomstig bepaalde programme vir verskillende aanwendings voorberei – terug na die kudde of verkoop aan die beesbedryf.

Prestasietoetsresultate word ook gebruik om vir die beste diere te selekteer. Dit word deurlopend beskou en finaal geverifieer voor die dier die plaas verlaat. Dit stel die stoetery ook in staat om deeglike aantekeninge van alle diere te hou.

Vir sommige boere is skoudeelname omstrede. Le Roux sê hy neem aan skoue deel, want hy gebruik dit as maatstaf om te bepaal of die seleksie waarmee hy besig is, fenotipies relevant vir die bedryf is. Op grond van dié prestasies kan hy dan sy seleksie vir strukturele korrektheid en funksionaliteit verbeter wanneer dit nodig is.

Etiese optrede is vir hom ononderhandelbaar. Dis hoekom hy verder as die blote verkoop van teeldiere kyk. Daardie teelmateriaal moet gewaarborg kan word en met goeie gehaltebeheer gepaard gaan. Kopers moet eerlik behandel word, die data-aantekening moet onberispelik akkuraat wees, en biosekerheid moet meedoënloos toegepas word. “Hoewel die bedryf nie meer baie waarde daaraan heg nie, het ’n eerlike handdruk steeds sy plek in die manier waarop ons funksioneer.”

GESIG VAN BOERDERY

“Ek is in die bevoorregte posisie om die gesig van die beesboerdery te wees en baie van die besluite te neem, maar sonder my ouers en broer en die ondersteuning van ons werksmense sou dit nie moontlik gewees het om my op so ’n jong ouder- dom in die bedryf uit te leef nie,” sê Le Roux.

Die stoet- en kommersiële beeste loop op natuurlike soet-suurveldweiding wat deur aangeplante smutsvinger- en tefweidings aangevul word. Die vleie word in die vroeë lente en begin van die somer gebruik. Die mieliereste is onontbeerlik in die winter.

Die boerdery volg ’n Josefsbeleid deur groot getalle rondebale van die smutsvingergras en tef op te berg. Hulle maak ook baie mieliekuilvoer. Hulle het ook raai- gras wat vir beweiding deur jong beeste besproei word. Só probeer hulle om genoeg bale vir ’n volle jaar te hou ingeval ’n droogte voorkom.

“Teelmateriaal kos jare om op te bou As dit droog word, kan ons nie bloot van die beeste laat slag nie, maar móét hulle aan die lewe hou.”

Die boerdery het ’n enkele kalftyd wat deur vastetyd-KI in Oktober met sinchronisasie voorafgegaan word. Ná inseminasie loop die bulle 70 dae lank by die koeie vir opvolgdekking. Die dragtigheid in die stoetery en kommersiële kudde wat hoofsaaklik eenders bestuur word, beloop 95-98%. Die tussenkalfperiode is 380 dae.

Een van die stoetery se topkoeie, Xourel Meisiekind. Doeltreffende voeromsetting is nie slegs by voerkrale ’n belangrike winsbepaler nie, maar ook in ’n kommersiële beesboerdery sodat die boer meer diere op die veld kan aanhou. FOTO: DERICK LE ROUX
Derick ontspan saam met een van sy Limousins in die veld. FOTO: ANDRÉ PRETORIUS

BOERDERY ’N LEEFWYSE

Le Roux meen boerdery is ’n leefwyse. “As jy suksesvol wil wees, moet jy só passievol wees dat jy ’n groot hunkering het om jou werk elke dag ter wille van die nageslag beter te doen. Stoetteling lewer nie oornag suksesse nie. Jy kan planne beraam en dit uitvoer, maar dit duur jare om werklik suksesvol te wees. Mense moenie moed verloor nie, want daar is steeds baie poten- siaal vir boerdery. ’n Boer sal steeds vir passie en harde werk beloon word.”

Die rooivleisbedryf was waarskynlik nog nooit in so ’n goeie posisie soos nou nie. Die vraag na goeie teelmateriaal, ’n bedryf wat bereid is om te herbelê, nuwe navorsingsprojekte en wetenskap wat ontwikkel, internasionale markte wat open, en belanghebbendes wat begin verstaan hoe die mark werk, speel saam ’n rol om die rooivleisbdryf tot nuwe hoogtes te voer.

Hoogste groeitempo in SA

Die bul XRL15/59 Xourel Rainmaker was die wenner van die Breedplan-klas op Vryburg, Lichtenburg en Bloemfontein se skou. Hy het saam met finaliste van ander uitgesoekte skoue tot die eindronde deurgedring. Hy is op die Aldam-veeskool as Landbouweekblad, Zoetis en Breedplan se Skoubul van die Jaar bekroon en in Desember laasjaar aangewys as die Champion of the World 2018 vir Limousins deur Limousin Breeder.

“Die dag toe ek sy ma, FN09/38, ’n koei van Ferdi Naudé, gepaar het, was dit met ’n spesifieke bul, La Rhone Escape, van mnr. AJ du Toit. Ek wou dié spesifieke paring maak, want ek wou baie graag ’n vers uit die kombinasie kry. Toe is dit ’n bulkalf, en ek was uiteraard baie teleurgesteld,” sê mnr. Derick le Roux.

Daardie bulletjie is op 4 September 2015 gebore. Die plaas het dié dag meer as 50 mm welkome reën gekry. “Dit het vreeslik gereën. Ek het onder ’n afdak gestaan en kyk hoe sy ma kalf. Sy het hom skoongelek, en die reën het gehelp. Toe besluit ons sy naam is Rainmaker.”

Aan die hand van sy prestasie-aantekeninge het Rainmaker van meet af aan besonder goed gegroei, maar ten spyte van die groeitempo steeds baie funksioneel gebly.

“Uitermatige groei word verbind met af-tipe diere en diere wat nie funksioneel in hul omgewing bly nie. Hoewel Rainmaker swaar is weens sy besonderse diepte, breedte en vleiseienskappe, bly hy steeds funksioneel ’n mediumraamdier met ’n ongelooflik gemaklike gang en ’n vermoë om homself te handhaaf.”

Le Roux het mettertyd meriete in dié jong bul gesien én dat hy ’n stoetbul kan word. Toe Rainmaker ’n jaar oud was, is sy semen die eerste keer getap en vir kunsmatige inseminasie gebruik.

Sy eerste kalwers is nog jonk, maar toon reeds sy goeie groei-eienskappe. Begin 2018 het Rainmaker besonder goeie teelwaardes gehad. Die familie het met hom begin skou – en gewen. Le Roux het reeds voor die Vryburgskou besluit om hom op sy streekklub se Augustus-veiling te verkoop.

Daar het mnr. Eandro Lottering van Golden Sun Limousins van Otavi in Namibië hom vir R140 000 opgeraap. “Eandro het hom reeds op ’n jaar oud in die kudde gesien en gesê hy gaan ’n topbul word, en dat hy hom eendag gaan koop.”

Rainmaker het die hoogste groeitempo van alle Limousinbulle in Suider-Afrika, wat hom internasionaal in die boonste 5% plaas. Hoewel sy geboortegewig effens swaarder as die rasgemiddelde is, word dit deur sy kort dratydperk (die aantal dae wat sy kalwers deur die moeder gedra word) geneutraliseer. Dit beteken sy kalwers groei vinnig sonder dat die moeders probleme met kalf sal hê omdat die kalf vroeër gebore word.

Só is twee eienskappe wat normaalweg gekorreleer is, nié by Rainmaker gekorreleer nie, en kry die teler die voordeel van ’n swaar kalf sonder om die prys van geboorteprobleme hoef te betaal. Die tabel toon sy besonderhede.

LBW vra . . .

Wat is die beste boerdery-besluit wat jy al geneem het?

Om altyd te bly groei. Leuses wat my deursettingsvermoë gee, is: “A comfort zone is a beautiful place, but nothing ever grows there” en “That which grows, is never ill”.

Wie was jou mentor?

My pa, Carl. Hy het my geleer om altyd eerlik en regverdig te wees en om nie té vinnig en té ver te hardloop met dit waarmee ek besig is nie.

Hoe voel jy oor grondhervorming?

Kapitalistiese markbeginsels moet altyd gehandhaaf word, maar ek dink elke mens wat ’n passie vir die landbou het, moet homself in die landbou kan uitleef.

Wat is die grootste fout wat jy al gemaak het?

Ek het die raad gevolg van “kundiges” wat nie kundig genoeg op hul terrein was nie. ’n Mens moet raad by ’n eerlike kenner kry en dit eers deeglik evalueer en oorweeg om seker te maak dit pas by jou eie doelwitte in.

Hoe sien jy die toekoms van stoetteling?

Baie voorspoedig! Stoetteling is ’n noukeurige ingesteldheid op rekordhouding en die toepassing van wetenskaplike teelbeginsels. Rooivleis sal altyd ’n primêre landboubedryf wees. Nuwe kommersiële markte maak hierdie mark en bedryf aanloklik.

Watter tegnologie is vir jou die waardevolste in jou boerdery?

’n Pen, knipbord en papier om voortdurend aantekeninge te maak.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Life is exciting when you meet the right person
I am a down to earth person outgoing people's person love braai outdoors and also like to be at home watching movies and listening to music ek geniet my werk is n hard...
Plat op die aarde kom oor die wet almal
Ek is een van daai mense wat die pad sal loop saam mense wat die pad saam my sal loop
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot