Die belangrikste les wat hulle in 2022 geleer het, is dat hul welvaart van die produksie en reproduksie van hul diere afhang, sê mnr. Theron Swanepoel van die plaas Mooihoek, Smithfield, en voorsitter van die Vrystaatse jongooiklub.
Hy het onder meer in die klub se derde proeflopie oor 12 maande besef dat ooie van ligter as 40 kg met min melk probleme met besetting ondervind, asook om hul lammers te speen.
Dié ooie se lammers is gewoonlik ook pieperig. “As wolboer besef ek met die betrokkenheid van die vleisrasse in die proef dat vleisproduksie ook saak maak. Die wol-inkomste van 20-30% is egter nie te versmaai nie en kan die boerdery se begroting deur die drif trek,” sê Swanepoel.