Hy het kort voor die rampspoedige veiling saam met sy pa begin boer, en was ook nie lekker ingerig nie. “Ek het vir die mense braaivleis en mieliepap gegee, maar daar was nie genoeg borde nie. Hulle moes beurte maak om te eet.”
Op sy volgende veiling ’n jaar later het hy alles verkoop. Van toe af het hy nooit teruggekyk nie en word vandag beskou as een van die voorlopers van die SA Vleismerino-ras.
Sy plaas, Niekerksrust, het al verskeie kere die hoogste gemiddelde pryse vir ooie en ramme op dié ras se veilings behaal. En in Junie vanjaar het Van Biljon sy 60ste produksieveiling aangebied.