Die veekundige me. Anette Theunissen, een van die dryfvere vir omvattende kruisteeltnavorsing in die Noord-Kaap, meen kruisteling met aangepaste rasse kan koeidoeltreffendheid met byna 50% verhoog.
’n Goed ontwerpte kruisteelstelsel benut die voordele van ’n kombinasie van uitstekende eienskappe van die onder- skeie rasse om die diere se doeltreffendheid te verbeter.
Maternale rasse (wat presteer met eienskappe soos vrugbaarheid, goeie kalfvermoë, hoë melkproduksie, lae onderhoudsbehoefte en goeie moedereien- skappe) kan met paternale rasse (wat goed vaar met eienskappe soos groeitempo en voerdoeltreffendheid, vleisgehalte en karkasopbrengs) gekruis word.