Soos ek my somme maak, eet ’n vark 250 kg groeimeel. Dit is 6,25 sakke voer teen R275,68 tot op ’n gewig van 110 kg en 23 weke oud.
Sowat 75% van die totale gewig kom dan op 82 kg wat uitgeslag word. Die slagplaas bied my R28,50/kg aan. Dus kos die groeimeel R1 723 en die varkie R350, en die totale uitgawes is R2 073: 82 kg x R28,50/kg = R2 337. R2 337 minus R2 073 = R264 wins.
Is daar ’n manier hoe ek die wins kan verhoog? Dit is welbekend dat die insetkoste vir meeste intensiewe veebedrywe tans baie hoog is. Om in vandag se mark nog die prys van R28,50/kg varkvleis te kan kry, is baie goed. In die varkbedryf is daar gewoonlik min ruimte om wins te maak.