In ’n Molatek-proef met Beesvet 33+ is uitstekende resultate by speenkalwers behaal. Daar was groei van 1,95 kg per dag met ’n voeromsettingsverhouding van 1:5-5:5.
Molatek Beesvet 33+ verseker dat kalwers vinniger aanpas en gouer meer vreet. Kalwers met ’n voerinname wat laer as 0,8% van hul liggaamsgewig in die eerste sewe dae in die voerkraal is, kan makliker siek word weens die verswakking van hul immuunstelsel.
Ekonomiese sukses sal behaal word deur ’n korrek geformuleerde rantsoen te gebruik.