AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9530
-36,00
CORN
27 Sep
-
4757,8
-50,20
SOYA
27 Sep
-
8700
-9,00
SUNS
27 Sep
-
9840
-128,00
WEAT
27 Sep
-
7050
-8,00
WMAZ
27 Sep
-
4837
-29,00
YMAZ
27 Sep
-
4770
-28,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Verskeping van wol kan voortgaan

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Die wolbedryf het toestemming gekry dat die uitvoer van wol van reeds verkoop en gelaai is, asook skeerdienste gedurende die inperkingstyd kan voortgaan.

Cape Wools, die Suid-Afrikaanse wol-en-bokhaarkopersvereniging (Sawamba) en die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) saam met Agri SA en die landbousakekamer Agbiz het ná verskeie gesprekke en onderhandelinge op ministeriële vlak toestemming gekry dat sekere bedrywighede binne die wolbedryf kan voortgaan.

Wol word geklassifiseer as ’n nie-noodsaaklike landbouproduk. Dit beteken dat wolverhandeling en verskeping ingevolge die regulasies opgeskort is vir die tyd van inperking. Dit was onduidelik of skeerbedrywighede kon voortgaan.

Volgens die NWKV is die regulasies ten opsigte van die Wet op Rampbestuur (Wet 57 van 2002) so aangepas dat oes- en opbergbedrywighede toegelaat sal word om vir die verlies aan landbouprodukte te verhoed, aldus regulasie 6 (e) no. 31.

“Die NWKV het ná verskeie versoeke van lede uitsluitsel gekry dat skeer ingevolge die regulasies beskerm word in gevalle waar verliese kan voorkom indien skeer nie dringend plaasvind nie,” sê mnr. Leon de Beer, bestuurder van die NWKV.

Hy maan egter produsente om verantwoordelik te wees indien hulle in die tyd van inperking voortgaan met skeer. Boere moet seker maak dat hulle die nodige vervoerpermitte het en dat hulle die regulasies rakende die vervoer van werkers en higiëne binne die werkplek (skeerhuis en ander geriewe) streng nakom. Agri SA het ’n dokument saamgestel wat dié vereistes duidelik uitwys.

Volgens Cape Wools het mnr. Fikile Mbalula, minister van vervoer, die vervoerregulasies gewysig en kan die verskeping van wol wat reeds op skepe gelaai is, voortgaan. Wol wat reeds verkoop is en in makelaars se pakhuise staan, mag nou verpak, na die hawe vervoer en verskeep word.

Die res van die waardeketting

Die huidige inperkingsmaatreëls maak nie voorsiening vir verskeie dienste binne die wolwaardeketting nie, soos makelaars, die woltoetsburo en veilings. Dit beteken die wolwaardeketting is nie heeltemal oop vir verhandeling nie. Daaroor moet nog duidelikheid gekry word.

Volgens De Beer is die bedryf besig om te onderhandel dat wol as ’n noodsaaklike produk verklaar word, sodat die hele waardeketting met sy bedrywighede kan voortgaan.

Cape Wools sê kopers en verkopers is in gesprekke om te verseker dat ’n haalbare en praktiese uitkoms verkry kan word om te verseker dat produsente hul wol kan verkoop en dat kopers hul wol aan kliënte kan lewer.

De Beer sê die druk waaronder die wêreldekonomie tans verkeer, kan ook die wolmark kan raak. “As natuurlike vesel sal wol egter steeds op lang termyn in aanvraag wees. Moet dus nie onverantwoordelike besluite gegrond op korttermynneigings neem nie.”

Hy sê skaapboere kan gedurende dié tyd steeds ’n inkomste uit skaapvleis verdien, wat die veelsydigheid van die wolskaap weer eens onderstreep. Die daling in die rand se waarde die afgelope maande kan ook in die bedryf se guns tel.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.5%
Rand - Pond
19.40
-0.4%
Rand - Euro
17.31
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.67
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,636.52
+0.9%
Silwer
18.62
+1.5%
Palladium
2,055.50
+0.6%
Platinum
863.00
+1.2%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,262
-0.1%
Alle aandele
63,626
0.0%
Hulpbronne 10
55,942
-0.5%
Industriële 25
79,376
-0.2%
Finansiële 15
14,091
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot