
Die voortslepende droogte eis sy tol onder vee, en veeartse in van dié droogtegebiede meen boere behoort dit te oorweeg om dekseisoene aan te pas totdat koeie weer genoegsaam herstel het.
Altesaam 90 verslae is landwyd deur veeartse aan die Veegesondheid en Produksiegroep van die SA Veeartsenyvereniging gestuur. Dr. Faffa Malan, sameroeper van van dié groep, het die meegaande verslae vir Oktober 2013 saamgestel en bekend gemaak. (In aanhangsels hieronder.)
Malan sê verslae van proteïen- en energietekorte by vee is van oral ontvang. In gevalle kon swaar dragtige koeie nie opstaan nie. “Weens die stowwerige toestande en tekorte in Vitamien A is talle verslae van ooginfeksies ook ontvang."
Lees die verslae vir Januarie, Februarie, Maart, April, Mei, Junie, Julie, Augustus en September.