Dié oorerflike eienskappe is kwantitatiewe vleiseienskappe, soos gewig, uitslagpersentasie en vetdikte, én kwalitatiewe vleiseienskappe, soos suurheidsgraad (pH), kleur en kookverlies.
Jasper het ’n lesing aangebied oor die oorerflikheid van en genetiese korrelasies tussen moeilik meetbare vleiseienskappe by skape op die elfde wêreldkongres vir genetika toegepas op veeproduksie wat in Februarie in Nieu-Seeland gehou is.
Wat genetiese korrelasies betref, het hy gevind dat vleis met ’n hoë pH tipies donker met ’n laer kookverlies sal wees (dus tipies van die sogenoemde droë-ferm-droog-kompleks by vleis).