AFGRI
BEAN
28 Jan
-
8110
0,00
CORN
28 Jan
-
3783
0,00
SOYA
28 Jan
-
8290
0,00
SUNS
28 Jan
-
10990
0,00
WEAT
28 Jan
-
5908
0,00
WMAZ
28 Jan
-
3620
0,00
YMAZ
28 Jan
-
3765
0,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Vleisbeesaantekening: Spanje en Stamboek wil saamwerk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die swart bees Avileña-Negra Ibérica toon ’n ooreenkoms met die plaaslike Drakensberger, maar het ook kenmerkende eienskappe soos die wit toplyn en pensvel van die Pinzgauer. Foto: Japie van der Westhuizen
Die swart bees Avileña-Negra Ibérica toon ’n ooreenkoms met die plaaslike Drakensberger, maar het ook kenmerkende eienskappe soos die wit toplyn en pensvel van die Pinzgauer. Foto: Japie van der Westhuizen
Die Suid-Afrikaanse Stamboek- en Diereverbeteringsvereniging het onlangs ’n studiebesoek aan Spanje afgelê.

Die Suid-Afrikaanse Stamboek- en Diereverbeteringsvereniging se benadering ten opsigte van vleisbeesaantekening het op ’n studiebesoek aan Spanje tot skakeling met dié land se departement van landbou en moontlike samewerking ten opsigte van navorsing met rasgenootskappe gelei.

Dr. Japie van der Westhuizen, hoofbestuurder van SA Stamboek, het namens die internasionale komitee vir diere-aantekening (ICAR) se paneel kundiges ’n gehalte-oudit by vyf vleisbeestelersgenootskappe in Spanje gedoen. ICAR stel onder meer riglyne vir die aantekening en verbetering van plaasdiere vir sy lede op.

Sy inspeksiereis is in 2020 weens covid-19-reisbeperkings tot November vanjaar uitgestel. Hy kon betyds terugkeer voor die nuwe beperkings weens die omikron-stam ingestel is.

Die vleisbeesgenootskappe is Araparda in Zaragoza en Ferpam in León wat albei die bruin bergbeesras Parda de Montaña verteenwoordig, Aesava in Oviedo (die beeste in die Asturias-valleie of Asturiana de los Valles), Acruga in Lugo (vir dubbelbespierde rooi beeste of Rubia Gallega) en Aecrani in Avila vir die swart ras Avileña-Negra Ibérica.

“Die ICAR-inspeksies is eerder ’n konsultasieproses as polisiëring,” sê hy. Die interaktiewe terugvoersessie met die departement van landbou in Madrid het onder meer gehandel oor Stamboek se Logix-stelsel, SA Beefbulls.com, die opstel van veilingskatalogusse, verslae oor die werksaamhede van telersgenootskappe onder die sambreelbeskerming van Stamboek en genetiese verslae aan telers.

“Die departement wat meer beheer oor die telingsbedryf het as plaaslik en dit ook in ’n mate finansier, stel belang in die wyse waarop Stamboek rasverslae doen om beter terugvoer te kry van sy eie vleisbeesrasse.”

Een van die verskille in die stoetbedryf van die twee lande is dat die meeste Spaanse telersgenootskappe oor ’n eie databasis en tegnici beskik, teenoor Stamboek wat sowat 60 genootskappe verteenwoordig en ’n sentrale databasis bedryf.

Nog ’n gunstige uitvloeisel van die besoek is samewerking met dr. Clara Díaz Martín, ’n genetikus van die Spaanse nasionale instituut vir landbou- en voedselnavorsing en tegnologie (INIA) en voormalige kollega van Van der Westhuizen by ICAR se werkgroep vir vleisbeesaantekening en Interbeef.

Genomiese studie

Een van die moontlike gesamentlike navorsingsprojekte is ’n vergelykende genomiese studie tussen die swart Avileña-Negra Ibérica en die plaaslike Drakensberger. Meer as 2 000 van dié Spaanse beeste is al genomies getoets. Dieselfde geld die Drakensberger. Dit kan ook lei tot genetiese vergelykings tussen ander Spaanse en plaaslike rasse, sê hy.

Volgens Van der Westhuizen is die plaaslike vleisbeesaantekeningstelsels en -evaluasie in baie gevalle ver voor die Spaanse telersgenootskappe wat staatshulp kry.

Baie van die navorsing word ook deur die staat gefinansier. Die Spaanse telersgenootskappe presteer uitstekend met waardetoevoeging in die hele waardeketting om produkte van die plaashek af tot op die verbruiker se bord te bemark, sê hy. Hulle bemark onder meer die semen van KI-bulle en doen handelsmerkbemarking van vleis. 

spanje stamboek
Vleis van die swart bees Avileña-Negra Ibérica in Avila, die hoofstad van die gelyknamige provinsie, noordwes van Madrid. Die genootskap wat dié ras verteenwoordig, is regstreeks betrokke by die bemarking daarvan onder ’n bepaalde handelsmerk. Foto: Japie van der Westhuizen
spanje stamboek
Dr. Japie van der Westhuizen (regs) in ’n sneeulandskap in die provinsie Avila met die streek se swart beeste agter hom. Dr. Clara Díaz (middel), ’n genetikus van INIA, wil met plaaslike navorsers saamwerk

Trots Spaans

Die Spaanse departement van landbou bevorder die bewaring van sy inheemse rasse met ’n logo wat dit as trots 100% inheems beskryf.

Die 10 redes wat aangevoer word, is:

  • 100% benutting van die natuurlike hulpbronne. Dit beklemtoon die Spaanse genetiese erfenis en verbetering van die biodiversiteit van die lewende hawe.
  • 100% waarborg van oorsprong. Die logo is ’n waarborg van die naspeurbaarheid.
  • 100% volhoubaar. Dit ondersteun die inheemse rasse wat tradisioneel in ekstensiewe stelsels geteel is met die klem op landelike volhoubaarheid.
  • 100% waardetoevoeging. Die logo erken telersgenootskappe en maatskappye wat deur die departement van landbou, visserye en voedsel ondersteun word.
  • 100% onderskeiding. Produkte met die 100%-logo onderskei vir verbruikers die produkte van Spaanse lewende hawe van ingevoerde produkte.
  • 100% tradisie en kultuur. Inheemse rasse word van geslag tot geslag bewaar ter bevordering van die Spaanse kulturele erfenis en tradisie.
  • 100% gehalte. Inheemse rasse word verwerk in ’n verskeidenheid van voedselprodukte van hoë gehalte.
  • 100% winsgewendheid. Die bewaring van rasse bevorder die winsgewendheid van boerderye, telers en die omgewing.
  • 100% verskeidenheid en diversiteit. Die logo verteenwoordig nege handelsmerke wat die verskillende spesies van die onderskeie rasse aandui.
  • 100% erkenning en trots. Die logo ondersteun die werk van telersgenootskappe en die telers van inheemse rasse.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.59
-0.8%
Rand - Pond
20.89
-0.0%
Rand - Euro
17.38
+0.0%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Goud
1,791.82
0.0%
Silwer
22.47
0.0%
Palladium
2,379.00
0.0%
Platinum
1,016.00
0.0%
Brent-ruolie
90.03
+0.8%
Top-40
67,021
-0.1%
Alle aandele
73,455
-0.1%
Hulpbronne 10
74,081
-1.4%
Industriële 25
90,993
+0.6%
Finansiële 15
15,218
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Selfs die donkerste nag sal eindig en die son sal opkom.
Ek is ń Christen. Ek dink aan myself as iemand met ń sin vir humor, vriendelikheid, verantwoordelikheid, ń liefde vir die natuur, positiewe denke en...
Pret en Plesier
Ek is stout en passievol. Ek lag maklik vir myself en verwag dieselfde. Nou is dit my tyd on Oets nuuts te ondervind. Ek het n interests te storie om te deep.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot