Mnr. Jaco Brits was 34 jaar oud, sy vrou, Alta, was 32 en hul drie kinders was van 17 maande tot vier jaar oud toe hulle Suid-Afrika in 1994 verlaat het. Toe hulle die groot besluit neem om elders ’n boerderyheenkome te soek, het hulle Australië en Nieu-Seeland oorweeg.
Maar dié twee lande het hoë vereistes aan nuwe immigrante gestel. Brits se ouers, mnr. Mike en me. Annie Brits, was toe reeds in Paraguay nadat hulle in 1993, een jaar voor hul kinders, verhuis het. Sy pa was toe 69 jaar oud en sy ma 63. In Suid-Afrika het pa en seun saam geboer.
Paraguay se grond was baie duurder as in Suid-Afrika, maar dit was makliker om verblyfreg te kry. Grond in die Oos-Vrystaat het omtrent R500-R600/ha gekos, teenoor R3 000/ha in die ooste van Paraguay.