Dr. Fanie Steyn, voorsitter van Wagyu SA, sê ’n stelsel van volle naspeurbaarheid is een van die unieke eienskappe van die GWB-stelsel. Dit word onder meer ondersteun deur die gebruik van peutervrye elektroniese oorplaatjies (foto) wat DNS-monsters van die geregistreerde beeste bevat. Die Suid-Afrikaanse Vleisbedryfsmaatskappy (Samic) sal die stelsel monitor.
“Dit beteken die GWB-program is tans die beste vleisnaspeurbaarheidstelsel in Suid-Afrika,” sê Steyn. Mnr. Graham Truscott, ’n veekundige konsultant van Australië, sê die vraag na Wagyuvleis is aan die toeneem in Amerika, Europa, die Midde-Ooste en Asië.
“Suid-Afrika, met sy hui- dige en toe- komstige stelsel van Wagyuboerdery, pas by dié markte in. Daar is genoeg ruimte vir die uitbreiding van Wagyuboerdery in Suid-Afrika. Moenie dié geleentheid verbrou nie.” — Johan Norval