Ons het rosyntjies, prosopispeule en in die winter kameeldoringboompeule beskikbaar. Daar is verskeie melassemeel- en stroopprodukte beskikbaar. Mielies en gemaalde mielies (geelmeel nr. 2) en lusern, asook sout kan op die dorp gekoop word.
Gemaalde mielies kos sowat R400/sak van 50 kg en ongemaalde mielies sowat R370/sak. Watter mengsel en verhouding word aanbeveel en sal die beste resultate kan lewer om ou ooie en lammers mee af te rond?
Is dit wys om verskeie proteïenbronne, soos prosopispeule, kameeldoringpeule en mielies, in dieselfde mengsel te gebruik omdat dit dalk verskeie soorte proteïene bevat?