Dié ontdekking is bloot toevallig gemaak deur navorsers aan die internasionale instituut vir veenavorsing in Kenia en die Roslin-instituut aan die Universiteit van Edinburg in Skotland.
Die span het in 2014 ’n proefneming by die OL Pejeta-bewarea in Kenia uitgevoer om die doeltreffendheid van ’n entstof teen ooskuskoors te ondersoek. Die entstof is toegedien aan inheemse beeste wat naby aan buffels wei wat ook ’n vorm van dié siekte dra.
Tydens die proefneming is gevind dat nege van die twaalf ingeënte diere gevrek het, asook nege van die twaalf diere in die kontrolegroep wat nie ingeënt is nie.