AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
12 Nov
-
53,56
-0,07
Beeste AB2/3
12 Nov
-
51,91
-0,45
Beeste B2/3
12 Nov
-
49,04
-0,89
Beeste C2/3
12 Nov
-
46,15
0,38
Bevrore Hoender
12 Nov
-
29,34
0,37
Bokkies (onder 30 kg)
12 Nov
-
66,06
-1,00
Bokooie
12 Nov
-
46,92
1,10
Groot (meer as 40 kg)
12 Nov
-
39,53
-1,69
Hoender (IQF)
12 Nov
-
27,78
1,63
Medium (30-40kg)
12 Nov
-
54,15
0,97
Pork Average
12 Nov
-
27,78
-0,41
Poultry Average
12 Nov
-
29,22
0,77
Skaap A2/3
12 Nov
-
84,63
-0,14
Skaap AB2/3
12 Nov
-
75,86
0,10
Skaap B2/3
12 Nov
-
72
0,11
Skaap C2/3
12 Nov
-
69,61
-0,41
Speenkalf
12 Nov
-
40,08
-1,39
Spekvarke
12 Nov
-
29,62
0,34
Stoorlammers
12 Nov
-
45,41
-0,52
Varkwors
12 Nov
-
22,96
-0,51
Vars Hoender
12 Nov
-
30,54
0,29
Vleisvarke
12 Nov
-
27,62
-0,45
Wol (skoon)
12 Nov
-
167,2
-2,88

Wêreldrekordprys vir wêreldkampioen-Boerbokram

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van links is die telers mnre. Lukas Burger, sy seun, Abraham, (telers) en die kopers  mnre. Joubert Horn en Salmon van Huyssteen. Foto: Verskaf
Van links is die telers mnre. Lukas Burger, sy seun, Abraham, (telers) en die kopers mnre. Joubert Horn en Salmon van Huyssteen. Foto: Verskaf
’n Wêreldrekordprys van R500 000 is betaal vir die huidige wêreldkampioen-Boerbokram, Maserati.

’n Wêreldrekordprys van R500 000 is betaal vir die huidige wêreldkampioen-Boerbokram, Maserati.

Maserati is deur die Lukas Burgerstoetery van die plaas Rietfontein in die distrik Griekwastad uit die hand verkoop aan die Salmon van Huyssteen Boerbokstoetery, Pretoria, en die Joubert Horn Boerbokstoetery, Vryburg.

Maserati is vanjaar aangewys as die grootkampioenram op die wêreldskou in Bloemfontein. Hy was ook die kampioen-tweetandram en die senior kampioenram.

Volgens mnr. Joubert Horn is Maserati indrukwekkend aangesien hy baie korrek is en van ’n baie indrukwekkende bloedlyn afkomstig is. “Ek kan nie eintlik eienskappe uitsonder nie, want hy is van voor tot agter baie korrek, en dra sy kop baie mooi. Iets wat ek egter in my kudde kort, is ’n sterk agterkant. Maserati trap verskriklik breed agter en hy is lekker gevul.”

Maserati se pa is Ferrari, wat in 2019 as die Noord-Kaapse kampioenram en as wêreld reserwe junior kampioenram aangewys is. Sy ma, Muscles, was die dogter van die ram Airbus, wat deur die Lukas Burgerstoetery gebruik is.

Daar sal 20 dekkings van die ram beskikbaar gestel word op die X-treme Genetics-veiling, wat Horn in November saam met mnre. Salmon van Huyssteen, Stafford Collen en Albie Horn aanbied.

Die Suid-Afrikaanse Boerboktelersvereniging dit is ’n fantastiese beleggingskeuse vir die kopers omdat Maserati ongetwyfeld tans die beste teelbok in die bedryf is.

Volgens Burger is dit ’n groot prestasie vir die stoetery om dié pryse te behaal. Die vorige wêreldrekordprys van R450 000 is in 2015 betaal vir die ram, Tolla, wat hy uit die hand aan mnr. Pip Nieuwoudt verkoop het.

Goed vir bedryf

“Dit is natuurlik lekker en ’n prestasie, maar dit is ook teelmateriaal wat weg is van die plaas af. Vir die hele Boerbokbedryf is dit baie goed, as ek sien hoeveel boodskappe ek van Indië en Thailand en reg oor die wêreld kry.”

Burger se produksieveiling is ook vandeesweek aangebied, met die duurste ram wat vir R290 000 verkoop is. Die gemiddelde prys van R36 900 vir ramme en R31 500 vir ooie was ’n baie goeie gemiddelde vir kleinvee.

Hy sê Boerbokke word vir hul vleiseienskappe geteel en dié eienskap dryf die wêreldwye vraag aan.

“Die Boerbok is wêreldbekend as die beste vleisbok ter wêreld, en hulle is hier in Suid-Afrika ontwikkel. Studies toon dat Boerbokvleis van die gesondste vleis is. Dit is nie ons wat die pryse so goed maak nie, dit is die produk wat so goed is. Daar is werklik groot aanvraag wêreldwyd na Boerbokke.

“Al wat ons kortwiek, is die bek-en-klouseerstatus, met grense na sekere lande wat toe is. Dit maak dat ons nie kan uitvoer soos ons altyd gedoen het nie.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Farmboy73
Plat op die aarde man. Ietwat introvert tot ek jou leer ken. God is vir my belangrik. Ek gee maklik terug wat ek ontvang. Hou van na die stilte van die plaas gaan waar ek...
Pêrel soek 'n Pasmaat
Ek waardeer die mooi dinge in die lewe - musiek, kuns, 'n goeie boek, heerlike kos. Ek is lief vir mense, diere en kinders. Ek hou van stilte en die natuur. Ek verf graag...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot