Hy en sy vrou produseer ook grootskaals produkte van turksvye vir ’n ekstra inkomste.
Slim planne is noodsaaklik as ’n mens op ’n skaapplaas neffens die Namibwoestyn wil oorleef; wat nog te sê vooruit boer. Suider-Afrika beskik egter oor vernuftige boere en planmakers en hierdie boerdery het alle beskikbare vernuf ingespan om ’n mediumraamskaap te teel waarmee hulle goeie sukses behaal.
Mnr. Jörg en me. Michelle Gaugler pas herlewingslandbou toe met hul skaapboerdery op die plaas Dabis buite Helmeringhausen in die suide van Namibië, op die randjie van die Namib, die oudste woestyn op aarde. Hierdie gebied word geologies as halfwoestyn geklassifiseer.