AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8673
1,00
CORN
08 Aug
-
3997,4
26,40
SOYA
08 Aug
-
8780
60,00
SUNS
08 Aug
-
10300
-6,00
WEAT
08 Aug
-
6807
-79,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
-25,00
YMAZ
08 Aug
-
4204
-16,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Wolbedryf: Covid-19-pandemie het ook silwer randjie

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Hoewel die Covid-19-pandemie verskeie probleme vir die wolbedryf geskep het, kan verskeie van die veranderinge wat dit tot gevolg gehad het, tot voordeel van die bedryf wees.

Talle mense in die Westerse wêreld het introspeksie gedoen tydens die pandemie oor wat belangrik is vir hulle en die familie, het mnr. Paul Lynch van Standard Wool SA tydens die Nasionale Wolkwekersvereniging se jaarkongres gesê. Die kongres moes verlede jaar afgelas word weens die Covid-19-pandemie met verskeie afgevaardigdes wat vanjaar se kongres virtueel bygewoon het.

Verbruikers staan onder meer voor die keuse oor of hulle wil deelneem aan “fast fashion” of eerder kledingstukke van meer omgewingsvriendelike wol koop wat langer hou, al is dit duurder. In Europa, waar daar groot koopkrag is, is veral ’n toename in omgewingsbewustheid, waarby die wolbedryf kan baat vind.

Hy het gesê mense in sekere lande het meer besteebare inkomste aangesien hulle nie kan reis nie. Dit word onder meer bestee aan binnenshuise versiering, waarvoor wol gebruik word.

Volgens mnr. Wolf Edmayr, president van die IWTO, is daar ’n skuif in die verbruikersmark na gebreide drag en meer gemaklike klere, ’n mark waarvoor Suid-Afrikaanse wol geskik is.

Volgens mnr. Isak Staats was daar in die afgelope twee jaar ’n aansienlike toename in die hoeveelheid standaarde wat ingestel is vir die wolbedryf, met Suid-Afrika wat tans die voorste verskaffer is van RWS-gesertifiseerde wol.

Volgens Staats is wol tans nog redelik goedkoop teenoor ander tekstiele, met die prysverhouding wat tans ongeveer tussen 6 en 7 is, waar die verhouding eerder normaalweg rondom 10 is. Pryse kan dus styg.

Sterker wol se pryse bly egter op ’n dalende trajek, wat kommerwekkend is, maar Suid-Afrika produseer nie ’n groot persentasie wol van dié mark nie.

Kwessies

Volgens mnr. Guillau du Toit, uittredende voorsitter van die NWKV, het Covid-19 die hele wolwaardeketting geraak. Hoewel wolprodusente in Australië aanvanklik hulle wol teruggehou het, het die verkoop van die voorraad nie markpryse laat daal nie.

Kleinhandelaars en meulenaars het ’n aansienlike afname in produksie en verkope beleef, met aanlyn verkope wat ál meer aandag geniet het.

Volgens Du Toit was daar ’n skerp daling in plaaslike wolpryse sedert September 2019, ná die supersiklus wat in 2018 ’n hoogtepunt bereik het toe die markaanwyser by R253,82 gaan draai het. Die daling was onder meer weens die bek-en-klouseeruitbreking toe veilings gestaak is.

Met die aanvang van die inperking in Maart 2020 het pryse steeds bly daal tot die laagste pryse sedert die supersiklus van R118,58/kg in September 2020.

Volgens Du Toit toon statistieke dat daar ’n duidelike prysverskil te sien was tussen die prys vir wol van goeie gehalte en middelmatige wol toe toestande moeilik begin raak het. Dit benadruk weer hoe belangrik dit is om wol van goeie gehalte te produseer.”

Die pandemie het volgens Staats ook vele logistieke probleme gebring. Verskepingskoste het aansienlik gestyg, terwyl Suid-Afrika se swak hawens veroorsaak het dat skeepsvaartlyne nie daar aangedoen het nie.

Volgens Staats het die pandemie egter innovering gebring en is daar belê in tegnologie soos blokketting, radiofrekwensie-identifikasietegnologie, volhoubare standaarde en logistiek. Die bedryf was ook genoodsaak om nuwe planne te beraam. – Fredalette Uys

Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) het aangekondig dat Ethical Trade Norway ná baie jare se onderhandeling ’n kontrak gesluit het sodat twee produksie-adviseurs oor die volgende drie jaar in die kommunale gebiede aangestel sal word om die kapasiteit in die kommunale areas te verbeter, het mnr. Leon de Beer, bestuurder van die NWKV, aangekondig. Die kontrak se waarde beloop 2,9 miljoen krone of nagenoeg R4 miljoen. Volgens mnr. Guillau du Toit volg dit nadat ’n Noorweegse afvaardiging Suid-Afrika verskeie jare gelede besoek het om dieresorg in die land te ondersoek. “Op daardie stadium was die keuse om weg te loop en om hulle weg van die bedryf te hou of om saam te loop en hulle te help met die ondersoek. Die NWKV het besluit om die paadjie saam met hulle te loop.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.61
+1.0%
Rand - Pond
20.07
+0.9%
Rand - Euro
16.94
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.1%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,788.72
+0.8%
Silwer
20.65
+3.8%
Palladium
2,244.50
+5.4%
Platinum
944.50
+0.8%
Brent-ruolie
94.92
+0.8%
Top-40
63,771
+1.0%
Alle aandele
70,266
+1.1%
Hulpbronne 10
65,045
+1.5%
Industriële 25
85,829
+1.1%
Finansiële 15
15,741
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n sielsgenoot.
Ek doen fotografie en is altyd op die uitkyk vir nuwe geleenthede en ander genres, bied fotografie werkswinkels aan vir n groepie afgetredenis wat jonk van gees is, Lief vir die...
Vrienskap/ geselskap met moontlikhede
Eerlike en probeer altyd positief wees. Hou van die natuur en probeer soveel as moontlik te oefen, draf en stap. Hou daarvan om te lag en die lewe te geniet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot