
Mee. Christine Prinsloo (links), dogter van mnr. Eddie Prinsloo van Smithfield, en Susan Kleyn, dogter van mnr. Jan-Hendrik Kleyn van Colesberg, sê hulle kon weens die Covid-19-inperking nie binnegaan om die winkel te verken nie, maar ’n webwerf bevestig dit is ’n klerewinkel.
Die twee vriendinne en me. Sulize Koekemoer van Ventersdorp, wat die foto geneem het, onderrig graad 1- en 2-leerders by die Kajonkietsuksa-skool in Phuket wat aan nóg ’n Suid-Afrikaner, mnr. Kenneth Bouwer, behoort.
Hulle is sedert die begin van die jaar in Phuket en beoog om twee jaar daar te wees. Weens die Covid-19-pandemie hou hulle tans aanlyn skool, maar hoop alles sal op 1 Julie na normaal terugkeer.
Christine sê wat sy die meeste van Suid-Afrika mis (behalwe natuurlik haar mense) is ’n Merino-skaaptjoppie op die kole.
Landbouweekblad is steeds beskikbaar op winkelrakke, terwyl sake by https://t.co/J5CsarOmv3 en @landbouweekliks vlot verloop. Lees hier wat jou te doen staan indien jy sukkel om die tydskrif in die hande te kry én hoe jy digitaal kan lees. https://t.co/Ug6tJEMNfl
— landbou.com (@landbou) May 12, 2020