
“Ons was in ’n situasie waar ons baie, baie naby daaraan was dat iemand ’n kraan iewers in die land sou oopmaak, en geen water sou uitkom nie,” sê mnr. Uri Schor, woordvoerder en direkteur van openbare opvoeding van Israel se Watergesag, luidens ’n berig op die New York Times se webwerf.
In die afgelope ses jaar het baie verander, en daar is nou genoeg water vir almal in die land. Die rede hiervoor is ’n suksesvolle nasionale poging om seewater uit die Mediterreense See te ontsout en om afvalwater te hergebruik.
Nou het Israel genoeg water om selfs tydens erge droogte steeds aan almal se behoeftes te voorsien. Meer as die helfte van huishouddelike water, asook water vir die landbou en ander bedrywe, word nou “kunsmatig” geproduseer.
Lees die volledige berig op die New York Times se webwerf.