
Vanjaar se druiwe-oes sal na beraming 6,5%, of 86 908, ton kleiner wees as verlede jaar se oes, sê die Suid-Afrikaanse Wynbedryfinligting en -stelsels (Sawis). Die skatting wat in die tweede week van vandeesmaand gemaak is toon ‘n afname van meer as 62 000 ton vergeleke met Januarie se skatting.
Die verwagting is dat vanjaar se wynoes – sap en konsentraat vir gebruik in nie-alkoholiese drankies en wyn vir distillering van brandewyn ingesluit – 948,8 miljoen liter sal beloop met ‘n verhaling van 763 liter/ton druiwe.
Sawis sê blokke wat reeds vanjaar ge-oes is het losser druiwetrosse en kleiner korrels verskaf, maar “wynmakers en wingerdkundiges is tevrede met die gehalte van die druiwe wat tot dusver gepars is”.
Die redes vir die laer gehalte van druiwe vanjaar is sonbrand, hitte- en windskade, asook ‘n tekort aan besproeiingswater en ‘n uitbreking van donsskimmel.
Lees ook:
25 Februarie 2010