
Graanproduksie in die 27 lande in die Europese Unie neem af en die verwagte oes vir die 2009-seisoen is 309,4 miljoen ton. Europese boere en landboukoöperatiewe meen dié beraming en laer oespryse kan daartoe lei dat boere hul saaiplanne vir die herfs afwaarts aanpas.
“Deesdae maak boere hul saaiplanne volgens produksiekoste en minder volgens markvoorspellings. Markpryse dek nie produksiekoste in die graansektor nie,” sê mnr. Paul Temple, voorsitter van die Copa-Cogeca se werkgroep vir graan, oliesade en proteïengewasse. “Dié herfs se aanplantings kan tot ’n verdere noemenswaardige afname in produksie en onbestendiger pryse lei.”
’n Langdurige daling in opbrengste sal dan minder beleggings in die landbou tot gevolg hê, sê hy.
14 Julie 2009