
Europese melkboere het dringend geldelike hulp nodig om die grootskaalse verlies van plase te voorkom, sê die landbouministers van 16 lidlande van die Europese Unie (EU) in ’n verklaring. Volgens die Europese boerdery-organisasie Copa het melkpryse sedert die begin van die Europese lente met 40 % gedaal.
Dié organisasie voorspel in ’n berig in The Star dat melkboere £10 miljard sal verloor as daar nie iets daadwerklik aan die kwessie gedoen word nie. Die landbouministers van die EU se 29 lidlande het vandeesweek samesprekings in Brussel gehou oor moontlike maniere om boere te help om die wêreldwye ekonomiese krisis te oorleef, terwyl duisende Belgiese melkboere betoog het om hul verknorsing onder die EU se aandag te bring.
Volgens die EU se landboukommissaris, me. Mariann Fisher Boel het melkpryse in Nederland, Noord-Ierland en Italië reeds begin styg.
Bron:
8 September 2009