
Dr. Konanani Liphadzi is as Fruit South Afrcia se eerste uitvoerende bestuurder aangestel.
Liphadzi het 'n meestersgraad in grondkunde aan die Universiteit van Pretoria (UP) behaal en daarna het sy haar PhD-kwalifikasie aan die Kansas State University in Amerika voltooi. Sy het onlangs haar MBL-graad (meestersgraad in besigheidsleierskap) aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) verwerf.
Liphadzi was 'n senior bestuurder in die departement van landbou in Limpopo en later 'n hoofdirekteur in Gauteng se department van landbou en landelike ontwikkeling. Sy sal aanvanklik fokus op etiese handelsinisiatiewe, die uitbreiding van verbruikersversekering om ook omgewingskwessies aan te spreek en die koördinering van markontwikkeling van alle rolspelers.
* Fruit South Africa is in die lewe geroep deur die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika (CGA), Hortgro, wat die kern- en steenvrugtebedrywe verteenwoordig, die SA Tafeldruif-produsentevereniging (Sati), Subtrop, wat die avokado-, lietsjie-, mango en makadamiabedrywe verteenwoordig, en die Varsprodukte-uitvoerdersforum (FPEF) om gemeenskaplike aangeleenthede aan te spreek.