
Die dalende graanpryse het die hele graanbedryf in Suid-Afrika by ’n kruispad te staan gebring. As winsgewendheid nie teruggekry word nie, sal boere gedwonge en ongedwonge die bedryf verlaat.
Die land sal dan sy vermoë ten opsigte van voedselsekerheid verloor, waarsku dr. Kobus Laubscher, hoofbestuurder van Graan SA. Laubscher het op die kongres van Agri Oos-Kaap in Port Elizabeth gesê dit is belangrik dat daar nie onreëlmatighede in die mark is wat koste verhoog nie.
Oor bewering dat daar mieliesilo’s in Gauteng is wat leeg staan, het hy dit as “ongetoetste bewerings” afgemaak. Ondanks die ongunstige aspekte, is hy egter optimisties oor die toekoms van die graanbedryf omdat daar steeds minder kos geproduseer word as die vraag daarna.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 14 Augustus 2009.
11 Augustus 2009