
GWM, die Chinese voertuigvervaardiger, sal al die voertuie wat tot die einde van Julie vanjaar in Suid-Afrika van die hand gesit word, oor vyf jaar terugkoop teen 40% van die oorspronklike koopprys. Uiteraard is spesifieke bepalings en voorwaardes hierop van toepassing.
Mnr. Warren Olsen, GWM SA se bestuurshoof, sê dit is deel van die maatskappy se waardetoevoegingsprogram om verbruikersvertroue te verhoog. Die program word bestuur deur GWM se finansiële dienste-afdeling wat deur Wesbank onderskryf word.
“Gesien in die lig van GWM se onlangse aankondiging van ’n vyfjaar-diensplan en -waarborg op alle modelle behalwe enkelkajuitbakkies, sowel as ’n tienjaar-waarborg teen roes, bevestig hierdie terugkoopskema GWM se vertroue in sy eie produkte,” sê Olson.