AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Handel in landbouprodukte groei sterk

Die landbou het 'n positiewe bydrae gelewer tot Suid-Afrika se handelsbalans in 2013 met sitrus en wyn as die twee grootste uitvoerprodukte.

SA se buitelandse handel in landbouprodukte (in- en uitvoere saam) het 'n stewige groei getoon van R21,5 miljard of amper 20%. Dit het gegroei van R108,3 miljard in 2012 tot 129,8 miljard in 2013. Wat die toename besonder positief maak, is die feit dat die landbouprodukte uitgevoer gegroei het van R55,2 miljard in 2012 tot R72,5 miljard in 2013.   Dit is ‘n groei van 31%. Daarteenoor het  invoere van landbouprodukte met net 8% toegeneem van R53 miljard in 2012 tot R57 miljard in 2013.* Landbou het dus 'n baie positiewe bydrae gelewer tot SA se handelsbalans in 2013.

Uitvoere: produkte
Suid-Afrika se grootste landbou-uitvoerprodukte verlede jaar was sitrus en wyn wat onderskeidelik meer as R9 en R8 miljard beloop het. Appels en mielies het elk R6 miljard beloop en druiwe R5 miljard.

Die produkte wat in 2013 die grootste groei in randwaarde getoon het, word in grafiek 1 hieronder aangedui.    Mielies toon die grootste styging nl. R2,9 miljard. ( vanaf R3,3 in 2012 tot R6,2 in 2013.) Dit word gevolg deur appels met ‘n toename van R2 miljard. Die toename in die uitvoer van sitrus en wyn beloop elk R1,9 miljand  terwyl die uitvoer van rietsuiker met R1,4 miljard toegeneem het teenoor die vorige jaar.   Die laaste twee produkte wat met meer as ‘n R1 miljard toegeneem het is skaapvelle (R1.1 miljard) en druiwe (R1 miljard).

Enkele produkte – veral oliesade - toon egter 'n afname in die waarde van uitvoere. Die vernaamste is sojabone wat met R655 miljoen afgeneem het van R755 miljoen tot net meer as R100 miljoen. Ook sojaboon-olie het skerp gedaal met R300 miljoen nadat dit die vorige jaar meer as R1 miljard beloop het. Sonneblomsaad het met R217 miljoen afgeneem tot R425 miljoen. Twee ander produkte wat sterk afgeneem het is sigare  (R179 miljoen) en katoen (139 miljoen).   

Uitvoere: Lande
Die grootste kopers van Suid-Afrikaanse landbouprodukte in 2013 was Nederland met R7,4 miljard gevolg deur Brittanje met R6,3 miljard. Zimbabwe en Mosambiek is volgende met R5,6 miljard en R4,3 miljard onderskeidelik.  Daar is sowat R3 miljard se landbouprodukte uitgevoer na Japan, China en Angola.  

Grafiek 2 hieronder toon die grootste toenames in uitvoere. Japan en Nederland het baie groot spronge in 2013 gemaak.   Japan het met ‘n allemintige R2,2 miljard toegeneem tot R3,5 miljard en Nederland met R2 miljard tot R7,6 miljard.   Uitvoere na Mosambiek het ook baie sterk gegroei met R1,5 miljard tot R4,5 miljard.   Brittanje, ‘n  ou handelsvennoot, het met R1,4 miljard gegroei tot R6,3 miljard.   China het met net meer as R1 miljard gegroei tot R3,2 miljard. Taiwan en Zimbabwe het met net minder as R1 miljard toegeneem tot R1,1 miljard en R5,6 miljard onderskeidelik.

Daar is ook enkele lande waarheen uitvoere in 2013 afgeneem het.   Die vernaamste is Meksiko (R1,7 miljard), Maleisië (R305 miljoen) en Ghana (R152 miljoen).

Invoer: Produkte
Die belangrikste produkte wat in 2013 ingevoer is, sluit in rys met 'n totale waarde van R6 miljard, pluimveevleis, koring en sterk drank elk tot 'n waarde van R4 miljard en palmolie en oliekoek elk tot 'n waarde van R3 miljard.

Grafiek 3 hieronder toon die produkte met die grootste groei in invoere. Onder die landbou-produkte ingevoer het suiker en sterk drank in 2013 met byna R1 miljard toegeneem. Suiker het met R912 miljoen toegeneem tot R1,9 miljard en sterk drank met R910 miljoen tot R3,8 miljard. Rys het ook sterk toegeneem met R657 miljoen tot 'n totaal van R6,3 miljard.Verwerkte voedsel  het met R460 miljoen gestyg tot R1,9 miljard en pluimveevleis met R379 miljoen tot R3,9 miljard. Oliekoek (R363 miljoen) en mout (R250miljoen) Is die laaste twee produkte waarvan die invoer met meer as R100 miljoen toegeneem het. 

Die invoer van sommige produkte het afgeneem. Sonneblom- en katoenolie het met R530 miljoen afgeneem tot R1,5 miljard. Die invoer van mielies het met R479 miljoen (meer as 80%) afgeneem tot ‘n totaal van R117 miljoen.   Palmolie het met R342 miljoen afgeneem tot R3 miljard. Gedroogde groente het met R253 miljoen en tabak met 241 miljoen gedaal.

Invoer: Lande
Die meeste landbouprodukte is ingevoer uit Brasilië en China, nl. R5 miljard elk. Uit Brittanje is sowat R4 miljard se produkte ingevoer terwyl daar uit vyf lande sowat R3 miljard elk ingevoer is nl. VSA, Nederland, Thailand, Indië en Indonesië. 

Grafiek 4 hieronder toon die lande waarvandaan die toename in die invoer van landbouprodukte die grootste was.   Uit Indië het dit met R878 miljoen toegeneem tot R3,1 miljard. Die toename uit Brittanje was R730 miljoen tot R3,8 miljard en uit die VSA R641 miljoen tot ‘n totaal van R2,8 miljard. Invoere uit Rusland was nog altyd min gewees maar het in 2013 met R580 toegeneem tot ‘n totaal van R795 miljoen. Uit Italië was die toename in invoere R500 miljoen,  uit Indonesië  R471 miljoen en uit Braslië R391 miljoen. 

Lande waarvandaan invoere afgeneem het is Argentinië (R1,2 miljard), Maleisië (R785 miljoen) en Mauritius (R147 miljoen).

Opsomming
Landbou in Suid-Afrika het in 2013 inderdaad baie goed presteer as gekyk word na die omvang en aantal produkte wat uitgevoer is na lande oor die wêreld heen. Daar sal net versigtig gewerk moet word met die uitvoer van stapelvoedsels sodat daar nie plaaslike tekorte ontstaan nie.

Die toename in invoere oor die algemeen is relatief klein. In werklikheid was daar ‘n afname in aantal diere asook die kilogramme van etlike ander produkte produkte ingevoer. Die invoer van die produkte wat nie plaaslik geproduseer word nie, is uiteraard noodsaaklik.

*Omdat die groei in randwaardes gemeet word, het skommelinge in die wisselkoers wel ‘n invloed.   Die hoeveelhede in- of uitgevoer bestaan uit eenhede (Bv. aantal beeste) en liters (bv bier) maar die groot meerderheid produkte word egter in kilogramme gemeet.   Uitvoere toon in alle gevalle egter ‘n styging terwyl die invoere van lewende hawe en enkele produkte wat in kg gemeet word ‘n afname toon.  Dit is egter nie wesenlik in verhouding tot die totale invoere nie.

Bronne
DIREKTORAAT LANDBOUSTATISTIEK VAN DIE DEPARTEMENT LANDBOU, BOSBOU EN VISSERYE

* Geskryf deur Kobus Smit, ’n landbou-ekonoom en voormalige voorsitter van die Nasionale Oesskattingskomitee. Sy e-pos is diesmitte@gmail.com

Grafiek 1: Grootste toenames

Grafiek 2: Grootste toenames

Grafiek 3: grootste toenames

Grafiek 4: Grootste toenames

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die is nie vir bang dames nie, Is jy dapper of mal genoeg ?
Ek loop nie graag heeldag my eie beeld en polish nie, ek verkies dat mense my leer ken en dan self besluit hoekom hulle van my hou of nie hou nie. Nie een van ons is perfek nie,...
Soek na iemand wat saam met my sal lag...
Vol skerp grappies, reg om iemand se dag op te helder, opsoek na my pasmaat wat saam met my kan lag en die lewe geniet. Hou daarvan om aktief te wees, crossfit en ry dan en wan...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot