
Die amptelik skou en feesviering van die Hereford-telersgenootskap se 100-jarige bestaan, bereik binnekort 'n hoogtepunt.
Die eerste Herefordbeeste, twee bulle, is in 1892 uit Engeland na Suid-Afrika ingevoer. Die Hereford kom oorspronklik van die Engelse graafskap Herefordshire. Plaaslike getalle van die ras het teen 1917 sodanig toegeneem dat die telersgenootskap gestig is.
Feesviering
Die amptelike skou en eeufeesviering vind van 4 tot 12 September plaas en is gebaseer in Moorreesburg. Die feesviering sal bygewoon word deur telers vanoor die wêreld heen.
Hoogtepunte van die feesviering sluit in die nasionale kampioenskapsbyeenkoms, 'n gala-aand, karkaskompetisie, speenkalfinligtingsdag en hanteerderskursus in. 'n Vroueprogram sal ook aangebied word.
Besoekers van lande soos Uruguay, Argentinië, die VSA, Brittanje en Kazakstan word verwag.
Van toeka se tyd
Op die foto hier onder (uit die Landbouweekblad van 7 Oktober 1953) is 'n ongewisselde Hereford-graad-os wat in 1953 'n rekord in die geskiedenis van die Randse Lenteskou met sy gewig van 1 345 lb. (610 kg) op 21 maande.
Dit is 95 lb. (43 kg) swaarder as die vorige rekord. Die Hereford is deur die Karoo Vleisbeurs Beperk, Germiston, vertoon.