AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Agt gulde reëls vir sukses met herlewingslandbou

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sojabone op mnr, Danie Slabbert se plaas. Foto: Gerrit Bezuidenhout
Sojabone op mnr, Danie Slabbert se plaas. Foto: Gerrit Bezuidenhout
Die herlewingslandboukonferensie op Reitz het dié landboupraktyk in diepte bespreek.

Een van die pioniers met herlewingslandbou in die Oos-Vrystaat, mnr. Danie Slabbert, het van die bevindinge wat die Riemland-studiegroep oor die afgelope 13 jaar gemaak het gedeel.

Herlewingslandbou het ten doel om eerder meer winsgewend per hektaar te wees as om opbrengste na te jaag. Slabbert het in sy voorlegging gesê die verandering van konvensionele boerdery na herlewingslandboupraktyke het aanvanklik nie maklik gekom nie, maar ’n besef dat die natuur altyd korrek is en ’n passie om op ’n meer natuurlike manier te boer het sy boerderypraktyk help verander.

“Dit is moeilik om by verandering aan te pas, maar ek glo as jy nie ongemaklik is nie, probeer jy nie hard genoeg nie. Nuwe denke en nuwe maniere van doen skep passie vir wat jy doen en skep die geleentheid om struikelblokke aan te pak.”

Daar was talle struikelblokke en Slabbert erken ook dat heelwat foute gemaak is, maar wys daarop dat nuwe idees en praktyke hul eie kwessies het. “Die natuur kan nie verkeerd wees nie en daarom is dit nie verkeerd om so goed moontlik naby aan die natuur te probeer boer nie.”

Een van die grootste suksesse, meen Slabbert, is die groot diversiteit van gewasse wat help om opbrengste te stabiliseer, grondgesondheid te bevorder en die gebruik van chemiese kunsmis te verminder. Tesame hiermee het Slabbert en die lede van die Riemlandstudiegroep ook ’n toename in voordelige insekte en swamme in hul lande begin opmerk.

“Dit is ongelooflik hoe vinnig die natuur herstel wanneer ons dit ’n kans gee. Ons kon reeds ná ’n seisoen of twee erdwurmgetalle sien toeneem ná 40 jaar waar konvensionele grondbewerkingsmetodes hulle grootliks uit die lande gehou het,” het Slabbert gesê.

Agt grondbeginsels

Hy het agt grondbeginsels vir suksesvolle herlewingslandbou voorgehou:

  • Begin klein. “Daar is ’n risiko daaraan verbonde om van praktyke te verander. Begin dus klein en bou van daar af op. Wees versigtig om nie ’n te groot risiko te loop en jou vingers te verbrand nie.”
  • Boots die natuur na. “Die natuur is uiters kompleks en divers en ons sal nooit alles daar rondom verstaan nie. Probeer dus om natuurlik siklusse na te boots, maniere te vind om grond se gesondheid te verbeter en diverse gewasse aan te plant.”
  • Die regte toerusting vir die plantproses. “Dit is maklik om ’n praktyk wat reeds dekades bestaan, toe te pas en min foute te maak. In teenstelling daarmee is dit moeilik om ’n nuwe praktyk sonder foute toe te pas. Een van die grootste foute is om dit met die verkeerde toerusting te wil doen. Hier is jou teenwoordigheid op die land uiters belangrik om te verseker dat die kontak tussen die grond en die saad reg is en dat kunsmis korrek toegedien waar dit gebruik word.”
  • Tydsberekening. “Tydsberekening is een van die belangrikste faktore. Sorg dat jy betyds plant wanneer dekgewasse vir die herfs geplant word. Vroeër is beter wanneer winterdekgewasse geplant word om te verseker dat wortels gevestig is voor dit te koud en droog word. Die reserwevog lê dieper onder die grond en wortels moet dus gevestig wees om gedurende die koue wintermaande daar uit te kom. Wanneer dekgewasse doodgespuit word, moet tydsberekening ook in gedagte gehou word.”
  • Basiese beginsels. “Ons almal weet dat daar basiese beginsels in landbou geld, ongeag van die praktyk. Moenie plant in te nat grond nie, moenie plant in te droë grond nie, kyk na jou onkruidbekamping. Pas die kennis toe wat jy oor jare op jou plaas opgedoen het.”
  • Observeer. “Dit is soveel beter om te monitor hoe die stelsel vorder wanneer dit in ’n groep gedoen word. Maak dit deel van jou familie en jou medeboere, want sodoende bring dit ’n beter perspektief.”
  • Ondersteun en leer. “Ondersteun jou buurman, jou broer in die landbou en leer by mekaar.”
  • Glo. “Glo dat die natuur korrek is en probeer so nou as moontlik daarmee saamboer. Dit is daardie geloof dat wat jy doen die regte ding is, wat help om die deurslag te gee.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie geselskap en baie kalm en saggeaard
Saggeaarde eerlike en opregte mens wat ander met respek hanteer. Baie beskermend teenoor n vrou en sal nooit kras praat of optree nie.
Let see what happens
Mense mens, ek is altyd positief doen en gee die beste as wat ek kan. Enkel mamma van twee wonderlike dogtertjies en soek meer kinders. Ek is baie lief vir kinders
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot