AFGRI
BEAN
30 Me
-
9667,6
-9,40
CORN
30 Me
-
4716
50,00
SOYA
30 Me
-
7890
-26,00
SUNS
30 Me
-
8280
-47,00
WEAT
30 Me
-
6650
41,00
WMAZ
30 Me
-
3715
49,00
YMAZ
30 Me
-
3854
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Grondkundige: ‘Ons moet intelligente landbou ontwikkel’

akkreditasie
Dr. Ademir Calegari. Foto: Liza Bohlmann
Dr. Ademir Calegari. Foto: Liza Bohlmann
Die toepassing van herlewingslandboupraktyke kan nie net oeste en grondgehalte verbeter nie, maar ook die lewensgehalte van ’n boer en sy afhanklikes.

Dit was die boodskap van dr. Ademir Calegari, ’n herlewingslandboukundige wat al in 47 verskillende lande werksaam was, op Landbouweekblad se 2019-herlewingslandboukonferensie op Reitz.

Volgens hom is volhoubare landbou afhanklik van die kombinasie van die gebruik van dekgewasse, ’n geenbewerkingstelsel en wisselbou, asook die lewensgehalte van die boer en sy afhanklikes. 

Calegari het met groot entoesiasme vertel van die opbrengsverskille wat hy al by boere in verskeie lande waargeneem het. Sy werk in verband met geenbewerking, dekgewasse en wisselbou het reeds in 1977 begin.

Calegari het ’n graad in akkerbou en ’n meestersgraad in grondwetenskappe aan onderskeidelik die Universiteit van Brasilië en die Universiteit van Aberdeen in Skotland verwerf. Hy het later ook sy doktorsgraad verwerf. Hy het al gedien as konsultant vir die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie en die Wêreldbank.

Dekgewasse

Van die onlangse suksesse waaroor Calegari verslag gedoen het, is by bestaansboere in Lesotho, waar die gebruik van onder meer dekgewasse hul mielie-opbrengs van minder as ’n ton per ha tot tussen 6 t/ha en 8 t/ha verbeter het. Sy navorsing het ook boere in Mosambiek gehelp om binne drie jaar hul mielie-opbrengs van 600 kg/ha tot 9 t/ha te verhoog.

Dekgewasse en herlewingslandboupraktyke het ook al koffieprodusente in die distrik Sao Paulo in Brasilië gehelp om hul oeste te verdubbel tot 3,5 t/ha, terwyl suikerrietproduksie elders in dié distrik tót 20 t/ha bereik het.

Calegarie skryf Brasilië se sukses met geenbewerking toe aan die doeltreffende keuse van dekgewasse. 

Ander lande waar Calegarie al navorsing gedoen het sluit in Frankryk, Argentinië, Zambië, Suid-Afrika, Amerika, Ghana, Tanzanië en Noord-Korea.

Chemikalieë

Calegarie het boere aangemoedig om te “luister na dit wat hul grond en plantmateriaal benodig”. Volgens hom moet toediening van chemikalieë iets van die verlede wees.

Hy het boere aangemoedig om hul grond se gesondheid te laat ondersoek en van ’n ingeligte basis besluite te neem oor wat hul grond benodig. “Almal se grondbehoeftes gaan verskil. Vind uit wat die kwessies eie aan jou grond is en spreek dit aan.

“Kan ons die gehalte van ons grond verbeter en beter boer? Ja, ons kan! Ons moet net ons idees verander, ons moet net ons gedagtes (oor grond en grondgesondheid) verander.” Vir die toekoms van die landbou moet “intelligente landbou” ontwikkel word, het Calegarie gesê.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.76
-0.5%
Rand - Pond
24.54
-1.0%
Rand - Euro
21.19
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.94
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-0.6%
Platinum
1,033.16
+0.3%
Palladium
1,440.38
+0.8%
Goud
1,951.29
+0.4%
Silwer
23.25
+0.4%
Brent-ruolie
77.07
+0.2%
Top-40
71,774
+0.5%
Alle aandele
76,852
+0.3%
Hulpbronne 10
68,132
+0.3%
Industriële 25
106,839
+0.5%
Finansiële 15
14,557
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Liefde voll
Eerlik opregte liefde volle persoon. Lief vir natuur en diere. Hou van still plattelandse lewe. Hard werkend en nog volle lewe gee my alles vir die regte persoon. Aanvaar my met...
Wonderwerke vir Liefde....
Leer my ken om uit te vind. daar is baie! Ek hou van te veel dinge, die natuur en nuwe uitdagings. Stap in die berge, kamp onder die sterre. n motorfiets - en laat slaap is ook...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot