AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Herlewingslandbou: Limpopo boere gooi hul gewig agter inisiatief

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Bram Snijder van die Letaba-avokadostudiegroep aan die woord tydens Landbouweekblad se onlangse herlewingslandbouboeredag by Letsitele in Limpopo. Foto: Clint Ockhuis
Mnr. Bram Snijder van die Letaba-avokadostudiegroep aan die woord tydens Landbouweekblad se onlangse herlewingslandbouboeredag by Letsitele in Limpopo. Foto: Clint Ockhuis
Landbouweekblad se eerste herlewingslandbouboeredag wat vir produsente van subtropiese gewasse en sitrus in Limpopo aangebied is, het onlangs plaasgevind.

Die eerste herlewingslandbouboeredag wat Landbouweekblad op 21 September in Limpopo vir produsente van subtropiese gewasse en sitrus aangebied het, het boere van reg oor die provinsie by die Letaba Junction in Letsitele byeengebring.

Hoewel Landbouweekblad reeds geruime tyd betrokke is by herlewingslandbou-inisiatiewe, was daar nog nie so ’n boeredag vir produsente van subtropiese gewasse of sitrus nie. Dit raak egter vir produsente van uitvoergewasse soos makadamias, avokado’s en sitrus al hoe belangriker om meer volhoubaar te boer as hulle toegang tot markte in die ontwikkelde wêreld wil behou.

Mnr. Bram Snijder, voorsitter van die Letaba-avokadostudiegroep, het die boeredag se program bestuur. Hy het gesê dit gaan nie net oor die bewaring van bogrond, biodiversiteit, water en ekostelsels nie, maar ook oor die herstel van jare se skade wat dalk aan hierdie hulpbronne aangerig is.

“Ons konsentreer steeds te veel op die netheid van die boorde en te min op die diversiteit van lewe in ons boorde,” het Snijder gesê. “Ons het nog nie ’n padkaart wat vir ons sê presies hoe om te kom waar ons wil wees nie, maar ons gaan met babatreetjies begin, baie stadig, want elke bietjie verbetering is ’n stap in die regte rigting.”

Een van die sprekers, mnr. Sias Leipoldt van Andermatt Madumbi, het verduidelik dat geïntegreerde plaagbestryding verskeie aspekte insluit. “Dit is nie net biologies of net chemies nie, dit is ’n kombinasie wat mens gebruik om na die beste van jou vermoë ’n probleem op te los met die kleinste moontlike ongunstige impak op die omgewing en sy ekologie.”

Ander sprekers was mnr. Llwellyn Coertzen, ’n ekoloog wat gepraat het oor die belangrikheid om biologie, ekologie, tegnologie en observasie by boordbeplanning en uitleg te integreer.

Dr. Schalk Schoeman van Samac het boere toegelig oor die impak wat die Europese Green Deal op landbouproduksie in Suid-Afrika se uitvoerbedrywe kan hê en mnr. Dewald Kamffer het omgewingsvriendelike oplossings vir swartvlek bespreek.

Dr. Elsje Joubert het vertel hoe Maluma-boerdery by Levubu beter saam met die natuur boer, terwyl mnr. Drikus Prins die suksesverhaal van Vosmac Boerdery se benadering tot dekgewasse met boere bespreek het.

Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad, het vertel hoe dié publikasie wat deesdae op allerlei platforms van die web tot TV-programme met sy gehoor kommunikeer, aanvanklik met ’n herlewingslandbou-inisiatief by Reitz in die Vrystaat begin het. Op dié boeredag is dit nie vreemd om 500 boere bymekaar te sien nie. Toe die covid-19-pandemie verlede jaar tref, is dit vanjaar digitaal aangebied en boere van reg oor Suid-Afrika kon dit aanlyn bywoon.

“Ons benadering is dat dit noodsaaklik is om met boere saam te werk om deur herlewingslandbou die probleme van al hoe strenger uitvoerprotokolle aan te pak en oplossings te kry. Daarom werk Landbouweekblad nou saam met boere, hul studiegroepe en produsente-organisasies,” het Burgess gesê.

’n Soortgelyke boeredag word vir vroeg in 2022 vir die produsente van subtropiese vrugte, makadamia en sitrus in Mpumalanga se Laeveld beoog.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
'n Vrou met vele talente...
Ek is 'n enkel Mamma wat daarvan hou om kreatief te wees. Ek is lief vir die Here! Ek hou van golf (huidiglik begin speel), hekel, puzzles bou, liedjies te skryf, musiek te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot