
Die krisis in Oekraïne het vir die wêreld gewys hoe kwesbaar ons internasionale voedselstelsels is en hoe kospryse die hoogte in kan skiet as insette skaars raak. Is dit moontlik om die natuur in te span om goedkoper en winsgewender te boer, en kan dit ’n bietjie van die stres van kapitaalintensiewe boerdery verlig?
Benewens die impak op ’n boer se beursie, is die wêreldbevolking aan die groei en krap boere kop oor hoe om ons huidige landbou-opbrengste te verdubbel om in die behoeftes te voorsien.
Op Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensies in Somerset-Wes, Reitz en Ottosdal neem ons hierdie en ander herlewingslandboukwessies onder die loep om jou te help om saam met die natuur te werk, want met gesonde grond kan ons tot ver in die toekoms boer.
Vanjaar gaan boere – op die Reitz- en Ottosdalkonferensie – die geleentheid kry om kers op te steek by die internasionale boer Rick Clark, ’n vyfdegenerasieboer in die Warren-distrik in Indiana, Amerika.
Ons klop ook hier onder andere aan by Frits van Oudtshoorn, ’n graskenner, GP Schoeman van Agrisol, en die boere Danie Slabbert, Pikkie Uys en Johann Zietsman wat elke dag suksesvol herlewingslandboupraktyke toepas.
Konferensiegangers in Somerset-Wes kan onder meer uitsien na insiggewende praatjies deur Gawie Steyn, ’n boer van Kanoneiland, oor permanente dekgewasse in ’n organiese rosyntjieboerdery; John Slabber, ’n boer van Moorreesburg, oor die voor- en nadele van geenbewerking met ’n skyfplanter deur ’n baie dik deklaag medics; en Piet Roux, ’n boer van Prieska. Plaaslike navorsing oor wintergraanstelsels en peulgewasse sal bespreek word deur dr. Johann Strauss van die Wes-Kaapse departement van landbou en Hanneke Augustyn, MSc-student aan die Universiteit Stellenbosch, en Jaco Engelbrecht, wat pas ’n MSc-graad aan die Nelson Mandela Universiteit verwerf het. Prof. Samson Chimphango, dosent aan die Universiteit van Kaapstad, sal die potensiaal van inheemse peulplante vir gebruik in landbou in die Wes-Kaap bespreek. Hy gaan onder meer gesels oor die spesierykdom in die Wes-Kaap, hul vermoë om stikstof te bind en dus as dekgewas gebruik te word, en hul voedingswaarde as veevoer. Die moeilike en duur pad om wilde peulplante te veredel vir gebruik as landbougewasse sal ook onder die vergrootglas kom.
’n Kaartjie vir een van die drie Herlewingslandboukonferensies sluit ook GRATIS toegang van 12 maande tot Landbou.com ter waarde van R1 800 in.
SOMERSET-WES
9 Maart 2023
Lord Charles Hotel
Koste: R950 per persoon. Bespreek vroeg en betaal R800.
Klik HIER om jou kaartjie te koop.
REITZ
13 en 14 Maart 2023
Reitz-skouterreinR57/Sarel Cilliersstraat
Koste: R1 850 per persoon. Bespreek vroeg en betaal R1 600.
Klik HIER om jou kaartjie te koop.
OTTOSDAL
16 Maart 2023
Ottosdal-skouterrein
Swartstraat
Koste: R750 per persoon.
Klik HIER om jou kaartjie te koop.
Rig navrae aan events@landbou.com.
Landbouweekblad se drie konferensies – Reitz, Ottosdal en Somerset-Wes – word aangebied in samewerking met die Riemland Studiegroep, die Ottosdal-geenbewerkingsklub, Soil Health Support Centre, ASSET Research en die Mielietrust.