
Die krisis in Oekraïne het vir die wêreld gewys hoe kwesbaar ons internasionale voedselstelsels is en hoe kospryse die hoogte in kan skiet as insette skaars raak. Is dit moontlik om die natuur in te span om goedkoper en winsgewender te boer, en kan dit ’n bietjie van die stres van kapitaalintensiewe boerdery verlig?
Benewens die impak op ’n boer se beursie, is die wêreldbevolking aan die groei en krap boere kop oor hoe om ons huidige landbou-opbrengste te verdubbel om in die behoeftes te voorsien. Volgens Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad, gaan hierdie en ander kwessies onder die vergrootglas geplaas word tydens dié publikasie se jaarlikse herlewingslandboukonferensies in Somerset-Wes, Reitz en Ottosdal.
“Ons wil boere help om saam met die natuur te werk, want met gesonde grond kan ons tot ver in die toekoms boer. “Deur natuurlike prosesse beter in te span, kan boere nie net insetkoste in bedwang bring nie, maar ook hul boerdery meer veerkragtig maak teen die landbou se wisselvalligheid,” sê hy.
Vir meer oor die konferensie klik HIER. Kaartjies is op Quicket by beskikbaar. Rig navrae aan events@landbou.com.
Landbouweekblad se drie konferensies – Reitz, Ottosdal en Somerset-Wes – word aangebied in samewerking met die Riemland Studiegroep, die Ottosdal-geenbewerkingsklub, Soil Health Support Centre, ASSET Research en die Mielietrust.